Wednesday, February 4, 2009

Tania en Werner besoek Sharjah se kinders (2)

Na Dubai se kinderdiens moet ons onmiddelik die pad vat Sharjah toe en dit lewer natuurlik sy kwota drama op toe die Jazzie nie wil aanskakel nie. Mariette van Dubai gemeente is so wonderlik om met ons Sharjah toe te jaag terwyl haar man die Jazz op sy wiele kry en vir ons bring. Ons kom bietjie laat aan, maar sonder hulle hulp sou ons dit heeltemal gemis het. Baie dankie vir julle! Daar is 'n mooi klomp kinders by Sharjah wat geduldig wag. Verlede week het ons mos nuwe liedjies daar geleer en die kindes is gretig om dit weer te sing. Professor Romanikus vertel hulle ook van die Romeinse soldate, hulle wapenrusting en van keiser Augustus. Dan vertel tannie Tania van die twee koninkryke - die koninkryk van die lig en die koninkryk van die duisternis en hoe daar lank gelede, nog voor Jesus se geboorte 'n geveg tussen die koninkryke van die duisternis en lig ontstaan het. Een van die maats kom steek 'n kers aan en tannie Tania vertel hoe die duiwel gedink het hy het oorwinning behaal toe Jesus aan die kruis gesterf het. Die kersie word doodgeblaas. Maar na drie dae het Hy uit die dood opgestaan en na 'n kort oomblik begin die kersie weer brand. Deur aan die kruis te sterf het Jesus dit moontlik gemaak dat ons almal van Satan se ryk van die duisternis uit die vyand se gebied na die koninkryk van die lig kan oorkom. Kol 1:13 "Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestgel van Sy Seun wat Hy liefhet." Ons sluit af met die liedjie Soldaat vir Christus.

No comments: