Tuesday, February 3, 2009

Tania en Werner besoek Dubai se kinders (1)

Na 'n opwindende dag van aankoms, vlug wat nie kan land weens mis en laaste bietjie voorbereiding, begin Tania en Werner Schultz, op besoek van KidsXpress (wie se lesmateriaal ons nou gebruik) se besige tydjie. Ons ry ses uur die oggend in digte mis vanaf Abu Dhabi om hulle betyds by die Dubai groep 8 uur te he. Die kinders kry geleentheid om twee splinternuwe liedjies te sing en "vat" onmiddelik aan die liedjies en beweeg gou-gou saam. Tania leer ook vir hulle die liedjie Soldaat vir Christus en hier sing almal lekker saam en wys die "borsharnas van vryspraak". Die tema vir hulle "les/preek" is Soldaat vir Christus, wat die inleiding van die boekie is wat ons later in die UAE gaan doen. Ek vertel meer van die lessie wanneer ek van die ander besoeke vertel. Die kinders luister aandagtig en word voorgestel aan professor Romanikus van die Dept Antieke Studies aan die Universiteit van Rome wat begin om almal meer te vertel van die ontstaan van die Romeinse leer ongeveer 753 voor Christus. Hulle hoor watter wapens gebruik is en hoekom die soldate 'n wapenuitrusting moes he wat bestaan het uit 'n gordel, borsharnas, skoene, skild, helm, kort swaard en lang werpspies. Die kinders luister aandagtig na die storie en die les daarna (sien les by volgende inskrywing) en neem daarna deel aan die speletjie om te kyk watter groep die beste geluister het. Hulle (die kinders) wil afsluit deur weer een van die nuwe liedjies te sing en die ouers wat kom tee drink na hulle diens, kry kans om te sien hoe die kinders die liedjie geniet.

No comments: