Monday, January 26, 2009

Ons is in God se span

Dit reen en vir 'n hele tydjie is dit die onderwerp van bespreking onder die kinders. G'n wonder nie want reen is mos maar skaars hier. Wanneer ons begin sing, spring en dans, word ons sommer vinnig warm en is die reen heeltemal vergete. Nog 'n nuwe maat Minette Jordaan kuier by ons en hier sing sy saam met Nelmari en Charmaine.Die kleintjies doen vanaand God sorg vir my. Nelmari en Minette besig om vir hulle God se liefde te verduidelik. Ons luister na die storie van waar God die brode en vissies vermeerder het en hor dat Jesus so lief is vir ons dat Hy altyd vir ons sorg en vir ons aan die kruis gesterf het. Ons plak en strooi broodkrummels om ons prentjie van 'n brood. Is ons nie oulik nie?Die groter kinders het mos verlede week in die Gimnasium begin om geestelik fiks te bly en vanaand leer ons hoe om God saam met ander gelowiges te dien en te aanbid.Eers word daar 'n kompetisie gehou waar ons as 'n span moet saamwerk. En hier het ons groot sports want een van die speletjies moet ons 'n piesang met ons voete skil. Kyk net die verskillende aksies! Party van ons lyk heel handig terwyl een of twee tou opgooi .... en ons hoor ook dat dit nie dan spanwerk is nie.. Die manne bespreek wat hulle van 'n spanspeler verwag en ons dink aan logos om ander te wys dat ons deel is van God se span . Johannes 13:35 "As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is"

No comments: