Saturday, January 24, 2009

Ons maats in Sharjah

Gister het ek en Charmaine 'n bietjie by Sharjah se kinderkerk gaan kuier. Die kerk het vir hulle 'n nuwe projektor aangekoop en ons het musiek geneem om hulle te wys hoe lekker ons God kan loof en prys met musiek. Die kinders was wonderlik en het onmiddellik aan die musiek gevat en gesing ... ALMAL van hulle ..... OOK die tannies! Hier's 'n paar foto'tjies vir die ouers om te sien wat aan die gebeur is daar in Sharjah .... Kyk net hoe lekker sing en beweeg ons. Die klein maats sing ook uit volle bors saam. Hierdie manne wou ons eers uitkyk maar hulle het ook later deelgeneem. Dit was so lekker om hierdie groot manne te sien saam beweeg en sing en as mens na die gesigte kyk kan jy sien hulle doen dit glad nie onder verpligting nie. Hierdie mannetjies beweeg so vinnig dat die foto uit fokus is. Nie al die maats was daar nie, maar Sharjah het 'n mooi klompie kinders wat ywerig en vurig is om die dorp vir Jesus aan die brand te sing. Rensia en haar span sien uit na die nuwe musiek en lessies. Volgende week kom twee "sprekers" van SA kuier om vir ons almal 'n les aan te bied en kuier ek hoop Sharjah se maats daag in groot getalle op. Ons hoop ook om meer gereeld vir julle te vertel wat by die groep gebeur.

1 comment:

Anonymous said...

Baie dankie vir julle besoek aan ons. Die kinders kon regtig beleef dat ons Jesus kan loof met woord en daad. Hulle het regtig die aksies geniet saam met die liedjies. DANKIE, DANKIE, DANKIE!!!