Showing posts with label Afr 09. Show all posts
Showing posts with label Afr 09. Show all posts

Sunday, December 13, 2009

Ons Kersboodskap

Hierdie week was dit weer skoolvakansie vir ons kinders maar 'n mooi klompie het opgedaag vir ons Kersles

Page1

Ons open met sang soos gewoonlik.

DSC_0015

Wat is die grootste geskenk wat ouers 'n baba by hulle geboorte gee? Jou naam! Dit sou nie lekker wees as almal ons "jy" of "die een met die rooi klere" genoem het nie.

DSC_0018

Elkeen van ons se naam beteken ook iets. Ons het elke kind se naambetekenis opgesoek en deel dit met hulle. Elkeen kry sy/haar naam op 'n plakkertjie.

DSC_0025

Ons lees in Jesaja 9:5 van vier name wat die profeet Jesaja die kind beskryf het wat gebore sou word. "Vir ons is 'n Seun gebore, Aan ons is 'n Seun gegee, Hy sal heers en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors".

DSC_0019

Tannie Charmaine verduidelik wat die name beteken en hoe Jesus die name gestand doen.

DSC_0021


DSC_0023

Vir afsluiting skryf ons elkeen 'n gebedjie op een van die kersballetjies vir ons boom.

DSC_0024

Ons hang dit dan aan ons kersboom en daarna sluit ons af met gebed. Elke maat ontvang ook 'n klein geskenkie.

Ek was ook vroeer in die dag by die Dubai bedieningspunt se kersboom. Loer bietjie hier vir hulle foto's

Friday, December 11, 2009

Ons moet aan God gehoorsaam wees

Nog steeds vakansie in die land van die sand, maar 'n mooi klompie van ons jongmense kom vanaand groep toe.

DSC_0010

Daar word lekker saamgesing en op versoek sluit ons af met die "Camel song".

DSC_0013

Ons groepie kyk weer na 'n bybel dvd en vanaand gaan dit oor Lot se gehoorsaamheid en sy vrou.

DSC_0012

Die tieners het hulle eie lessie en sommer 'n mooi klomp van hulle het opgedaag.

DSC_0018

DSC_0017

Na die lessies word daar bietjie buite rondgehardloop noudat dit weer lekker koeler is.

DSC_0015

Die tieners kom sit ook buite en kuier.

Wednesday, December 2, 2009

Wat's ons toetse vandag?

Met die Eid-vakansie breuk is daar min ouers wat hul kinders vanaand groepie toe bring en kyk net hoe "huil" die ander daaroor :-). Ons sing op versoek die "bug" song en dis een van die aksies daarvan. As lessie kyk ons vanaand 'n DVD oor Daniel en sy vriende in die vuur en hoe God hulle beskerm het. Ons praat oor ons "toetse" elke dag en hoe ons dit kan/moet hanteer.

Monday, October 26, 2009

'n Nuwe lewe

Vanaand het ons regtig 'n mooi klomp tieners gehad en daar is nou ook 'n groter groepie kinders wie se ouers hulle gereeld bring en so het ons 'n kern groepie vir wie ons elke week kan bedien, saam met hulle lofliedere vir Jesus sing en ook saam met hulle meer en meer van Sy Groot Liefde leer.

Page1

Die maats, groot en klein sing tot eer van ons God. Ons probeer vanaand ook twee/drie nuwe "tiener" liedjies en ek seker ons jonger maats gaan gou-gou lekker saamsing.

Page5

Die groei-goggas het vanaand 'n oorsig oor die lewe van Jesus en hoor weer dat net Hy hulle van sonde kan red. Ons kleur hierdie week is rooi en ons maak kruise. Ons leer ons versie Hand 16:31 met bewegings en dan dmv ons legkaart vertel ons die storie van Jesus se lewe. Daarna probeer die maats die lewenslegkaart aanmekaar sit. Ons begin met die Engele wat Jesus se koms verkondig en gaan dan ook deur Sy geboorte, Jesus as kind, Jesus roep Sy dissipels, Storm op die see, Genesing van die blinde man, Jesus is lief vir kindertjies, Kruisiging, Opstanding, Hemelvaart en Wederkoms.

Page6

Vir aktiwiteit maak ons armbandjies met verskillende kleure krale.

Page2

Ons ouer kinders lees in die Bybel oor ons ou ID en hoe ons 'n nuwe ID (identiteit) in Jesus kan ontvang. As demonstrasie kyk ons hoe dowwe muntstukke verander in suurlemoensap en dan met sout by. Die muntstuk is nou blink en skoon (Esegiel 36:26 "Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee". God wil ons 'n nuwe ID gee om 'n kind van Hom te word en elkeen van ons kan 'n nuwe ID kry. Elkeen van ons wat Jesus aangeneem het en in Hom glo. Ons versie wat ons voltooi in ons ID boekie is Joh 1:12

"Maar aan ...................(vul eie naam in) wat Hom aangeneem het, aan ........... (eie naam) wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om 'n kind van God te word."

Page3

Ons groep tieners besig met hulle lessie en aktiwiteit.

Monday, October 12, 2009

Ons het 'n wonderlike God

'n Mooi klompie van ons maats se ouers bring hulle vanaand groep toe.

Page2

Ons is lief vir Jesus en Hy's lief vir ons en ons wil Hom loof deur sang! Dankie tog dat daar nie 'n ouderdomsbeperking aan lofprysing is nie!!

Page4

Ons groei-goggas doen vanaand "Ons wonderlike God!" Ons luister ook weer na die Skeppingsverhaal en hoe God alles gemaak het. Dan maak ons elkeen 'n bewertjie vir ons kamer. Juan het vanaand saam met die jonger kinders gekuier en hy vlieg terug SA toe. Dankie vir al jou hulp by ons kinders Juan - ons glo dat alles terug in SA vir jou goed sal gaan! Ons gaan jou op die kamp mis en jy moet weer vir ons kom kuier.

Page5

Hier is van die maats nog besig terwyl van die ander se bewertjies klaar is.

Page3

Ons ouer kinders doen "My naam in Sy handpalms" en ons begin met 'n speletjie waar ons mekaar moet identifiseer. Dis nie altyd maklik om iemand se naam te onthou as jy dit skielik moet se nie, maar dis wonderlik om te weet God kan ons tussen 'n skare mense uitken. In Jesaja 43:1 se Hy: "Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne". Daarna werk hulle in hul paspoort en maak hulle unieke vingerafdruk daarin.

19

Die tieners span vanaand bietjie die rekenaar in om hulle les te doen.

Tuesday, September 29, 2009

Ons is nie net ‘n nommer nie

Met die meeste vakansiedae nou agter die rug het ons nog 'n bietjie van ons maats bygekry. Die kleintjies wat vorige weke in volle sterkte daar was, was hierdie week nie daar nie.

DSC_0014

Ons het lekker gesing, selfs die "nuwe" tieners.

DSC_0020

Ons groei-goggas het hierdie week "Ons gaan winkel toe!" gedoen. Nadat ons weer deur ons liedjie gegaan het, het elke maat kans gekry om sy/haar mandjies te maak vir die inkopies.

DSC_0024

Is dit nie mooi nie? Toe is dit tyd om "winkels" toe te gaan.

DSC_0030

Ons is so bietjie vertel van die evangelie-kleure dmv lekkergoed. Die "goue" lekkertjies vertel van God en Sy Kroon, die "swart" lekkertjies die sonde, die "rooies" van Sy liefde en Sy bloed, die "wittes" van Sy kruisiging vir ons sondes, die "groenes" van ons groei as God se kinders en die "bloues" die lug/helderheid dat Hy weer kom. Gou-gou is ons mandjies vol eetgoedjies.

DSC_0028

Dan doen hulle bietjie hersiening en gebruik ons landsvlag se kleure - die goud/geel laat ons aan God doen, Swart aan sonde, Rooi aan Jesus wat vir ons gesterf het,

DSC_0029

Wit dat ons lewe skoon moet wees van sonde, groen hoe kan ons groei en Blou dat Hy weer terugkom om Sy kinders te kom haal.

DSC_0021

Met ons maats se ongereelde bywoning het ons hier in Abu Dhabi eers hierdie week afgeskop met die middelgroep se program - iewers gaan ons dit moet inwerk en ons Leer en Hoor dat ons nie net sommer 'n nommer is nie. Eers speel ons 'n speletjie om te kyk hoeveel woorde of name jy met die letters van jou eie naam kan maak. Hier is hulle ernstig besig daarmee, Daniella was die wenner.

DSC_0025

Dan praat ons oor hoe ons van mekaar verskil dmv uiterlike, innerlike en persoonlikheidsverskille. Ons praat oor hoe ons ouers ons gaan registreer het en ons 'n nr gekry het (ons identiteitsnommer) en hoeveel keer ons 'n nommer moet gebruik as ons iets wil doen.

DSC_0027

Is dit nie wonderlik dat by God ons net 'n nommer is nie! Ons werk in ons ID boekies en vir huiswerk moet ons ons ID nr en 'n paspoort foto saambring volgende keer.

DSC_0023

Hierdie week was ons 'n groter groep tieners en dit was lekker om saam te leer uit die Woord van God. Hulle het bietjie gaan kyk oor wat ons in Christus is. Ons het gesien dat ons oa oorwinnaars in Christus is, maar ook volgens die engelse bybel "royal race" - ons is koninklikes in die Koninkryk van God.

Is dit nie "great" dat daar reeds vir ons sondes betaal is nie?

As ons hieroor dink, kan ons as tieners nie anders as om in 'n lewe van oorvloed te lewe nie.

Saturday, September 19, 2009

Groei goggas begin hulle groei

Die eerste van ons lessies breek aan en die moslem feesvieringe het ook 'n effek op ons kinders se bywoning want dis maar min.

1

Maar ons vier geesdriftige klein maatjies laat hulle nie deur getalle onderkry nie en sing sommer lekker saam.

2

Dis klein Janel se eerste saamsing en hoewel sy die kat eers uit die boom kyk, beweeg sy gou-gou saam.

3

Daleen en Daniella kom al mooi reg met hierdie beweging en hulle het groot pret. 4

Adam neem ook deel.

5

Die twee Vorster boeties ken al die liedjies en bewegings mooi.

Page1

Vanaand is die inleiding vir die Groei-goggas en hulle maak naamkaartjies en tannie Sunette leer vir hulle die gogga liedjie terwyl Nelmari die insekte uitknip. (Ons benodig 'n tannie om ons te help met ons kleintjies).

Page2

Met groot pret word 'n gogga "ingekleur" met lekkergoed en die maats is lekker lus om te proe - party doen dit ook.

Page3

Daar word ook 'n storietjie vertel en almal luister baie mooi.

9

Die vier goggas is teenwoordig in hulle tuintjie.

10

Die tieners skop ook af met hulle eerste lessie. Ons vertrou dat ons maats almal volgende week weer gaan terugwees.

Tuesday, September 8, 2009

Ons eerste groep van die Nuwe Jaar

Dit was so lekker om die kinders na 'n lang vakansie weer te sien! Ons is opgewonde oor die nuwe jaar want al het al die skole nog nie begin nie, was daar 'n mooi klompie jongmense by ons kenmekaar/speletjies begin.

Page1

Soos gewoonlik het almal lekker saam gesing! Die ons begin met liedjies vir die kleintjies soos die ou bekende Stapsoldaatjie en Lees jou Bybel. Laasgenoemde speel ek so graag vir die kinders, nie net oor die belangrike boodskap nie, maar ook om spesiaal vir klein Liam dit te hoor sing. Mense dis nou die een lied wat hy uit volle bors saamsing!

Page2

Dan sing ons 'n paar van Duggie Dug se liedjies en ons jongste maatjie, klein David is nouwel 'n beweging agter, maar hy geniet dit so en vra my gou vir musiekies as daar 'n stilte is

. Page3

Ons sluit af met liedjies van Soekie en Rob Biagi.

Page4

Ons jongste maats begin met lekker ou bekende speletjies wat ons "ou" tannies nog as kinders gespeel het. Musical chairs en Koljander koljander so deur die bos.

Page5

Hulle speel ook nog twee ander speletjies wat almal baie geniet.

Page6

Daar is nie baie van ons middelgroep maats teenwoordig nie, maar die wat daar is speel 'n Bybel monopoly en aan die gesigte kan mens sien dat hulle dit geniet het.

34

Die tieners is 'n baie spesiale groep jongmense en vanjaar gaan ons sommer 'n mooi klompie he. Hermien is 'n nuwe groepleiers en sy het die lekker taak om met hierdie jongmense te werk. Hier beplan hulle nog aan die nuwe jaar.

Eerskomende Vrydag, 11 September het ons nie groep by ons bedieningspunte nie, maar wel een gesamentlike Kinderkerk/Poppekas by Jebil Ali in Dubai in die oggend. Ek hoop dat al ons maats gaan kom saamkuier. Mamma en Pappas daar is vir julle 'n spesiale diens wat deur ds Elsa Meyer van Moreleta Park gelei word.