Showing posts with label Begin. Show all posts
Showing posts with label Begin. Show all posts

Tuesday, September 8, 2009

Ons eerste groep van die Nuwe Jaar

Dit was so lekker om die kinders na 'n lang vakansie weer te sien! Ons is opgewonde oor die nuwe jaar want al het al die skole nog nie begin nie, was daar 'n mooi klompie jongmense by ons kenmekaar/speletjies begin.

Page1

Soos gewoonlik het almal lekker saam gesing! Die ons begin met liedjies vir die kleintjies soos die ou bekende Stapsoldaatjie en Lees jou Bybel. Laasgenoemde speel ek so graag vir die kinders, nie net oor die belangrike boodskap nie, maar ook om spesiaal vir klein Liam dit te hoor sing. Mense dis nou die een lied wat hy uit volle bors saamsing!

Page2

Dan sing ons 'n paar van Duggie Dug se liedjies en ons jongste maatjie, klein David is nouwel 'n beweging agter, maar hy geniet dit so en vra my gou vir musiekies as daar 'n stilte is

. Page3

Ons sluit af met liedjies van Soekie en Rob Biagi.

Page4

Ons jongste maats begin met lekker ou bekende speletjies wat ons "ou" tannies nog as kinders gespeel het. Musical chairs en Koljander koljander so deur die bos.

Page5

Hulle speel ook nog twee ander speletjies wat almal baie geniet.

Page6

Daar is nie baie van ons middelgroep maats teenwoordig nie, maar die wat daar is speel 'n Bybel monopoly en aan die gesigte kan mens sien dat hulle dit geniet het.

34

Die tieners is 'n baie spesiale groep jongmense en vanjaar gaan ons sommer 'n mooi klompie he. Hermien is 'n nuwe groepleiers en sy het die lekker taak om met hierdie jongmense te werk. Hier beplan hulle nog aan die nuwe jaar.

Eerskomende Vrydag, 11 September het ons nie groep by ons bedieningspunte nie, maar wel een gesamentlike Kinderkerk/Poppekas by Jebil Ali in Dubai in die oggend. Ek hoop dat al ons maats gaan kom saamkuier. Mamma en Pappas daar is vir julle 'n spesiale diens wat deur ds Elsa Meyer van Moreleta Park gelei word.

Sunday, September 16, 2007

ECC - Uitnodiging na die Piekniek

Eerste byeenkoms vir die Suid Afrikaanse kindergroep.


Ons het dit goed gedink om die nuwe Abu Dhabi jaar te begin met 'n piekniek vir ouers en kinders op die Cornish langs Salam straat by die Dolfyn fontein.

Tyd : 6:30nm - 8:30 nm Maandagaand 17 September

Ons kry so min kans om met die ouers te gesels en dalk is daar ook van julle wat graag die kinders se groepleiers so bietjie beter wil leer ken.

Om dit makliker te maak, moet elke gesin aseblief vir hulle self voorsien vir eet- en drinkgoed. Ons sal sorg vir nagereg.

Na die piekniek word almal wat wil en kan uitgenooi om saam te speel. Die speletjies sal "kinders" van alle ouderdomme in ag neem.

Ons hoop hierdie voorstel vind byval, want ons sien uit om saam met julle te kuier. Voel asseblief vry om kommentaar te los. Ons luister graag

Sunday, September 9, 2007

ECC - ONS BEGIN VOLGENDE WEEK !!!

Net 'n herinnering dat ons Kindergroep volgende Maandagaand, die 17 September weer begin!!! Ons gaan piekniek hou by die grasperk (dolfyn fontein) aan die New Cornish (Al Salam Straat) se kant en speletjies speel.
Almal, ons kinders en ouers word uitgenooi om te kom saamkuier en speel. Elke gesin bring hulle eie piekniek mandjie.
Ons begin om 6:30 nm en sal rondom 8:30 klaar wees!
As daar enige nuwe Suid-Afrikaners in die dorp is .... nooi hulle saam!!!!



Ons hoop om julle ALMAL volgende week te sien!!!!!!!


ns Die foto's is van verlede jaar se opening

Sunday, September 2, 2007

Nuwe Abu Dhabi Jaar begin met nuwe tegnologie

Dis weer tyd vir ons Kindergroepe om te begin en vanjaar gaan ons aanbeweeg en ook van al die nuwe tegnologie gebruik maak om kommunikasie tussen ons en ons kinders en ouers te verbeter.

Hierdie webjoernaal sal in plaas van die weeklikse epos wees en hier gaan ons julle vertel waar en wanneer ons groep het, en ook wat ons daar doen. Ons wil weeklik foto's van ons kinders opsit en dan kan ouma, oupa en selfs tannie en oom by die huis ook loer na wat die kinders hier doen.
Almal is welkom om kommentaar en of boodskappe vir ons hiermee te stuur. Hierdie werf is vir ons en ons kinders.
Meer inligting oor die jaar wat voorlĂȘ volg binnekort, maar vereers wil ek vra
HOU DIE DATUM VAN 17 SEPTEMBER OOP...DIS WANNEER ONS BEGIN !!!!!
(Detail hieroor volg binnekort)
Intussen as u weet van enige nuwe maats in Abu Dhabi, stuur vir ons die inligting deur en vertel hulle van ons.
Sien uit daarna om almal weer te sien

Liefde
Sandra