Showing posts with label ECC groep. Show all posts
Showing posts with label ECC groep. Show all posts

Friday, October 2, 2009

Maandagaand groepie begin ook

'n Paar van ons maats was daar om nie-amptelike begin van die Maandagaand groepie by te woon en dit was sooooo lekker om hulle weer te sien. Hierdie kinders wat al 'n klompie jare saam met ons loop, het so groot geword en hulle is ware staatmakertjies wanneer dit kom by bywoning. Dankie vir die mammas en pappas vir die absolute gereelde bring van hierdie maats!

Page1

Ek dink nie daar is 'n groep kinders in die hele UAE en ek kan byvoeg groot deel van Suid-Afrika wat by hierdie klompie kan kom as dit oor musiek en beweging tydens die lofprysing gaan nie. En min of nie het hierdie "cool guys and groovy girls" lekker saamgesing en sommer 'n nuwe liedjie of twee ook uitprobeer. Vir die ouers en grootouers wat hier lees, ons toets gewoonlik liedjies met hulle voordat ons dit by die ander groepe gebruik - hulle's goed!

Page2

Hulle word 'n bietjie vertel van ons spesiale nuwe studie wat hulle gaan doen en waaroor ons baie opgewonde is - dit pas hulle soos 'n handskoen. Natuurlik eet en kuier ons ook 'n bietjie om op te vang met die vakansienuus. Ons hoop dat al die ander maats volgende week sal terugwees as ons afskop!

Thursday, November 13, 2008

Ons moet ons gawes vir God gebruik

Ons maats is soos gewoonlik baie gretig om met die worship te begin en selfs terwyl ek nog kyk na watter liedjies begin die klomp meisies al saam dans en sien. Die seuns het ook nie 'n probleem om lekker saam te sing en dans nie. Welkom terug tannie Heleen! Ons leer ook vanaand twee nuwe liedjies en gou-gou het hulle dit onder die knie. Kyk net hoe lekker sing die klompie saam. Die volgende deel van die dvd word gekyk. Daarna speel ons 'n speletjie oor "karakters". In die storie het 3 van die kinders die gawes "gifts" wat hulle ontvang het gebruik om ander te dien. Wanneer ons ons gawes ontvang moet ons dit ook gebruik om ander te dien en om God daarmee te verheerlik. Ons maak vlaggies wat die versie vir ons leer.
Die tieners luister vanaand oa na 'n baie geseende praatjie en musiek van Retief Burger op dvd --- 'n goeie rede vir geen foto's ---

Tuesday, November 4, 2008

Ons elkeen 'n spesiale geskenke van God gekry

Is dit nie amazing hoe ons Hemelse Vader 'n boodskap kan vat en seker maak ons almal hoor dit op dieselfde tyd nie! Hierdie week het ons dit net weer eerstehands ervaar. Dieselfde boodskap in ons Vrouestudie vir die week, was die boodskap wat ons kinder- en tienergroep vanaand moes hoor EN dit was deel van die boodskap tydens die jeugkonferensie. Kyk ons het al met baie kinders in ons lewe gewerk, maar min kom by die groepie dogters en van die seuns wanneer dit by lofprysing kom nie. Hulle het verby of nee hulle was net nooit op daardie stadium wat hulle skaam was om met sang, dans en musiek die Here te prys met lofsang nie. Selfs ons groot manne kom so stadigaan by ... wie kan nou nie aangesteek word deur die entoesiasme nie. Ons begin met ons stukkie van die DVD en kyk waar "kersvader" Narnia besoek en vir almal geskenkies uitdeel. Ons sien ook hoe Thomas wat net aan homself gedink het, agterkom dat die "koningin" vir hom gejok het en hy kry baie swaar. Daarna luister ons na die professor wat vertel van God wat vir elkeen van ons 'n geskenk(e) gegee het. Iets spesiaal en iets wat spesifiek net vir ons is ... ons eie unieke gawes. Dan speel ons 'n bybelversie speletjie waar ons in spanne 'n boodskap in 'n sakkie kry en dan 'n item (gedeelte van 'n vers) moet gaan kry. Wanneer die hele span klaar is, moet ons die versie "There are different kinds of gifts, but the same spirit - 1 Cor 12:4-5" Ons werk ook in ons "logboek" en kyk wat elkeen se spesiale gawes is nav wat ons sover in die dvd sien : Teaching, Hospitality, Mercy and Leadership. Hoewel elkeen na bietjie dink kon dink wat sy/haar unieke gawe is, het twee seuns gese al vier en Dominique onmiddelik gese het teaching wat deur Claudia beaam word. Vir verversings kry ons die kos waarmee ons gespeel het (dit klink nie reg nie) en moet dit met mekaar deel en die cupcakes versier ~ leer mededeelsaamheid. Kyk net hoe is daar gesmeer en gekonsentreer voordat daar heerlik geeet is. Die tieners aan die ander kant het dit nie so maklik gehad nie. Hulle moes die regte vraelys invul dat ons kan bepaal wat ons gawes is, sodat ons dit meer en meer vir God kan gebruik. As mens teveel praat, kry jy dan ook 'n sorbet-stokkielekker om jou mond te hou (die groepleier ken haar seker goed).

Tuesday, October 21, 2008

Sal ons soos Edmund enigiets doen vir lekkers?

Nie al ons kinders kom vanaand by die kerk byeen nie. Die tieners oa vergader by my huis waar hulle 'n dvd kyk. Die outjies wat wel by die kerk saamkom, sing soos altyd lekker saam. Hier sing hulle Glory and Honor en maak gebruik van "sign language" terwyl hulle sing. Dank kyk ons die tweede deel van ons lessie oor the lion, the witch and the wardrobe. Edmund wat nie regtig vir sy sussie Lucy glo oor Narnia nie, sien dit vir homself wanneer hy ook die koningin van Narnia ontmoet. Sy gee vir hom sy gunsteling lekkers, turkish delight, en warm sjokolade om inligting uit hom te kry. Sy belowe om hom 'n prins te maak indien hy haar help. Wanneer hulle dan eindelik terug by die huis is, ontken hy dat hy wel vir Narnia gesien het.... wat sal die rede wees? Die kinders speel 'n aflosspeletjie met M&M lekkergoed. Hier gryp Amy en Thomas elkeen 'n spesifieke kleur en hardloop terug na hulle groep toe. Daleen soek haar kleur terwyl sy 'n hand vol van die ander kleure vashou. Die ou professor kom weer kuier en alhoewel hy makliker aanpas in die hitte vanaand, praat die ou maar bietjie onduidelik. Hy vertel hulle wat koningin van Narnia en Edmund verteenwoordig en hoekom Lucy se broers en suster Narnia nie kon sien nie. Enige van julle wat die antwoord ken? Daar word ook 'n bietjie gepraat oor Edmund wat so maklik omgekoop word met lekkers om nie die waarheid te praat nie. Die maats kry dan kans om hulle logboek oor Narnia in te vul. Klein Thomas moet vandag spesiale vermelding kry vir die oulike manier waarop hy in sy boekie gewerk het. Vir ons snack kry ons vanaand soos Edmund lekker warm sjokolade om te drink. Tannie Charmaine skink vir TJ terwyl die res wag vir hulle beurt.
Moenie volgende week se episode van Narnia mis loop nie ...!!

Tuesday, October 14, 2008

ECC - Ons begin ons reis deur Narnia

Vroeer as gewoonlik daag van die meisies op vir groep en wil opsluit die liedjies begin sing en oefen. Dis so lekker om te sien hoe die kinders die lofprysing geniet en hierdie dogters is uitstekend. Ami en Megan is terug en sommer met die intrapslag kry hulle die liedjies onder die knie. Klein Thomas is ook vanjaar sommer groter en doen die bewegings net so lekker. Hier sing die klompie 'n lekker Afrika liedjie ... Jabulani.
Na die lofprysing kyk ons die eerste deel van die fliek Narnia (The Lion, the witch and the wardrobe). Ons kry 'n besoek van die professor van Narnia om ons meer van die fliek, rede vir die studie en die betekenis te hoor. Tannie Charmaine stel die benoude prof voor aan die kinders (julle wil nie weet hoe warm so 'n masker kan wees nie). Hy vertel van die reis wat ons deur Narnia gaan neem en hoekom ons van Narnia leer en hoe alles 'n spesiale betekenis het. Vandag hoor ons wat Narnia, die klerekas, die lamppaal, mnr Tumnus en Lucy beteken en waarvoor dit staan. Is daar iemand wat nie weet nie? Ons sal graag vertel .... of kom woon die groepie by. Die kinders kry almal paspoorte wat hulle gaan invul soos hulle die reis voltooi. Hier word die eerste lessie ingevul. Die groepie luister na wat tannie Charmaine vertel en hulle leer ook hul eerste versie Psalm 119:115. (Ouers hierdie versie word op die blog deurgegee 'n week voor die tyd. Help seblief die outjies om die versie te leer. Ons sal weer soos vorige kere aan die einde van hierdie studie 'n groot prys he vir die kinders wat hulle almal of die een wat die meeste ken). Die tieners gesels ook vanaand oor die betekenis van die rolprent en Ricus ek kan nie die versoeking weerstaan om hierdie foto op te sit nie. (Sal nie se wat jy besig was om te vertel nie). Soos Lucy in die fliek by Mnr Tumner brood en heuning gekry het, kry die kinders ook vanaand daarvan. Mens sukkel net om die heuning uit te kry. Dis lekker mens kan sommer so sit en droom terwyl jy eet. En hoekom lyk hierdie klomp so skuldig wonder ek?