Tuesday, October 14, 2008

ECC - Ons begin ons reis deur Narnia

Vroeer as gewoonlik daag van die meisies op vir groep en wil opsluit die liedjies begin sing en oefen. Dis so lekker om te sien hoe die kinders die lofprysing geniet en hierdie dogters is uitstekend. Ami en Megan is terug en sommer met die intrapslag kry hulle die liedjies onder die knie. Klein Thomas is ook vanjaar sommer groter en doen die bewegings net so lekker. Hier sing die klompie 'n lekker Afrika liedjie ... Jabulani.
Na die lofprysing kyk ons die eerste deel van die fliek Narnia (The Lion, the witch and the wardrobe). Ons kry 'n besoek van die professor van Narnia om ons meer van die fliek, rede vir die studie en die betekenis te hoor. Tannie Charmaine stel die benoude prof voor aan die kinders (julle wil nie weet hoe warm so 'n masker kan wees nie). Hy vertel van die reis wat ons deur Narnia gaan neem en hoekom ons van Narnia leer en hoe alles 'n spesiale betekenis het. Vandag hoor ons wat Narnia, die klerekas, die lamppaal, mnr Tumnus en Lucy beteken en waarvoor dit staan. Is daar iemand wat nie weet nie? Ons sal graag vertel .... of kom woon die groepie by. Die kinders kry almal paspoorte wat hulle gaan invul soos hulle die reis voltooi. Hier word die eerste lessie ingevul. Die groepie luister na wat tannie Charmaine vertel en hulle leer ook hul eerste versie Psalm 119:115. (Ouers hierdie versie word op die blog deurgegee 'n week voor die tyd. Help seblief die outjies om die versie te leer. Ons sal weer soos vorige kere aan die einde van hierdie studie 'n groot prys he vir die kinders wat hulle almal of die een wat die meeste ken). Die tieners gesels ook vanaand oor die betekenis van die rolprent en Ricus ek kan nie die versoeking weerstaan om hierdie foto op te sit nie. (Sal nie se wat jy besig was om te vertel nie). Soos Lucy in die fliek by Mnr Tumner brood en heuning gekry het, kry die kinders ook vanaand daarvan. Mens sukkel net om die heuning uit te kry. Dis lekker mens kan sommer so sit en droom terwyl jy eet. En hoekom lyk hierdie klomp so skuldig wonder ek?

No comments: