Saturday, October 11, 2008

Afr - Ons hou piekniek

'n Mooi groepie van ons kinders daag vanaand op vir die piekniek. Ons sing eers lekker 'n paar liedjies saam en ek's tog so trots op ons seuns wat nie 'n probleem het om ook te sing nie. Almal aan die sing ... Ons vier potensiele kitaarspelers ... hulle het al die houding. Daar is nog golfspelers op die baan, so ons eet eers gou binne voordat ons uit gaan. So kan die kleintjies ook nie soveel mors nie. Van die ouer kinders besig om stout te wees. Hierdie mannetjie het alleen by die groep aangekom en eers op die einde gese sy naam is Dillon. Ons het hom baie geniet want later die aand het hy ons kom vertel dat daar is gevaarlike "parra-bye". (perdebye). Ons hoop jy kom weer kuier Dillon. Buite hardloop ons eers "wild" rond, maar om te keer dat ons kleintjies seerkry speel ons 'n speletjie of twee en die groot kinders speel net so lekker saam aan vroteier. Andre kry kans om die leiding te neem en hulle speel "oom Jan se". Hy het hulle tot op die grond besig. Baie dankie aan al die ouers wat hulle kinders gebring het, en ook aan Nika se mamma Lorinda wat vir ons heerlike cupcakes gebak het. Ons waardeer.

No comments: