Tuesday, October 7, 2008

Die groep by ECC begin ook nou!

Uiteindelik .... na 'n verskriklike lang vakansiebreuk en ramadan, is dit tyd vir die klomp wat by die ECC kompleks bymekaarkom om te begin. Dit was so lekker om al die bekende gesiggies weer te sien en het hulle groot geword! Nog lekkerder was die feit dat hulle uitgesien het om daar te wees! Die een ding van hierdie groep wat vir my uitstaan is, dat dit kinders is wat hier wil wees en so getrou elke week kom. Duisend dankies vir die ouers wat hulle net so getrou bring!!! Jinne en wou die klomp sing. Ons het soveel nuwe musiek gebring en hulle het dit net gevat en geleer. Sommiges wou he dat ons die hele tyd (90 min) moes sing, maar dit sou ons ou tannies heeltemal opgehad het. Ons eerste studie vir die jaar is die Companion Study to The Lion, The witch and the wardrobe van Susan E. Harper. Ons gaan saam met die karakters van die boek/rolprent deur Narnia reis en leer dat die enigste manier om die sonde te oorwin en tee te staan, deur Christus is. Elkeen gaan 'n paspoort kry waarmee hulle die reis gaan aanteken. Hier maak van hulle omslae vir hul paspoorte. Hier is ook 'n paar foto's van die maats. Die van julle wat so wegskram van die kamera ....lees tieners .... let daarop dat julle hierdie week afgekry het. Die tieners het oor hulle jaarprogram en studie gesels en ook 'n paar onderwerpe gegee waarvan hulle meer wil hoor gedurende die jaar.Klein Emma-feetjie vee net gou haar ogie dat ek 'n foto kan neem. Thomas glimlag mooi vir die kamera. Uitgevang Claudia .... Mariette hou haar voorblad vir ons geheim. Kyk net hoe pragtig lyk Dominique se paspoort buiteblad. Waar is joune Daleen? Steek jy dit weg? Jumarie gee vir ons 'n groot glimlag. En net omdat tannie Heleen so vriendelik is, hier is 'n foto van haar ook. Ons gaan elke week 'n versie moet leer en aan die einde van die kursus sal pryse gegee word vir bywoning en wie al hulle versies geken het. Loer bietjie in die kantlyn en begin nou leer vir die versie wat julle volgende week moet ken. Dit kan in Engels of Afrikaans geleer word.

No comments: