Sunday, October 5, 2008

Ons Maandagaand groep begin hierdie week!

Aan alle die Maandaggroep maats en ouers ..... ONS BEGIN WEER MAANDAGAAND!!!

Ons sien daarna uit om almal weer te sien ---- en ons hoop dat julle ook nuwe maats saambring.

Waar? By die ECC kerkkompleks op die eerste vloer
Wanneer? Maandagaand 6 Oktober 2008
Hoe laat? Vanaf 6.30 nm tot 8:00
Wie? Alle ouderdomme Suid-Afrikaanse kinders!!
Wat? Lekker sing, aktiwiteite en lessies!! Kom leer meer van God se liefde vir elkeen
Koste? Ouers wat die kinders ondersteun en bring

Die groepleiers is alreeds ernstig besig om voor te berei vir die nuwe groepjaar en ons het die wonderlikste nuwe programme en musiek. Kom kyk!

Vertel julle volgende week van hierdie nuwe studie wat ook 'n bekende rolprent is/was.


ns Indien daar enige vervoer probleme is, of julle ver van die kerk bly en saamry geleentheid soek, kontak my asseblief : champs_in_aud@yahoo.com. Ons wil nie he dat vervoer die rede moet wees wat ons kinders uitmis om meer van God te leer nie. (Die wat my nr het kan skakel of comment los op die blog)

No comments: