Friday, October 3, 2008

God roep ook klein kindertjies

Die tannies kom vanaand laat toe die afdraai anders lyk en al die ander paaie 'n detour maak ... maar die kindertjies wag geduldig. Dankie vir Nicholas en Liam se mamma wat hulle solank opgepas het terwyl ons nog nie daar was nie, ons waardeer!! Ons het nie so baie tyd nie, maar die maats begin die liedjies nou mooi onder die knie kry en sing lekker saam. Ons kleintjies is regtig die voordansers en hulle ken die woorde so mooi!


Kyk net hoe mooi word hierdie liedjie afgeeindig .... Ons praat vanaand oor God wat ook die klein kindertjies roep om te luister. Die maats versier hulle foto raampie met geel (goud) verf en mamma kry huiswerk want sy moet hulle foto'tjie binne-in plak. Ojns storie vanaand gaan oor Samuel wat saam met die priester Eli in die tempel gebly het en hoe God hom geroep het om vir Eli 'n boodskap te gee. Nadat ons baie mooi na die storie geluister het, maak ons 'n mannetjie (klein kindertjie) vir ons aktiwitiet. Eers smeer ons kaassmeer in 'n papierbordjie. Hier werk die dogtertjies hard. Dan word groente gebruik om die kop, lyfie, hande en voete op die kaassmeer vas te plak. Kyk hoe mooi lyk Liam en Nicholas se mannetjie. Saskia plak nog. Nicholas is baie lief vir arms en bene (wortels) en hy geniet al die ledemate wat oorbly. Kyk hoe mooi lyk my mannetjie en ek het alles self gedoen se Liam. Die groter kinders waarvan daar ongelukkig net 3 is vanaand doen hulle laaste lessie van die Tabernakel. Dis so 'n jammerte en verlies vir die kinders wat net hier en daar 'n les gedoen het. Daar is kosbare goed geleer waarop hulle uitgemis het. Hier gaan tannie Charmaine weer deur al die dele van die Tabernakel. Ons hoor van : ....
1 'n Gordynvoorhangsel tussen die Heilige en Allerheiligste
2 Die verbondsark en sy inhoud
3 Jesus, die hoepriester wat Homself geoffer het
4 God was spesiaal teenwoordig in die Allerheiligste, by die ark Die tabernarkel en tempel was tydelike plekke waar Hy teenwoordig was. Hy kies om teenwoordig te wees in die lewens van Sy kinders, ek en jy. As jy dus in Jesus glo, bly God deur Sy Heilige Gees in jou.
1 Kor 3:16 "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? Die tempel van God is heilig, en die tempel is julle."
Die kleintjies wag vir pappa en mamma by die groot diens.
Met die groot kinders wat hulle eerste boekie Die Tabernarkel klaargemaak het, gaan ons volgende week 'n "piekniek" hou, ouers hou die blog dop.

1 comment:

Anonymous said...

You write very well.