Sunday, September 28, 2008

Die Tarbernakel en Koning Dawid

Ons maats het vanaand so lekker gesing en dans aan ou en nuwe liedjies. Die Verkleurmannetjies en vanaand die storie gehoor hoe Dawid as koning gesalf is. Ons liedjie was "Ek weet dat Jesus my liefhet" en hulle het die woorde met hartjies versier. Daarna het ons legkaarte gemaak van gesigte uit die stories wat ons eers moes inkleur. Hier werk hulle baie hard aan hulle prentjie. Ons bou 'n legkaart waarvan daar een stukkie weg is en hoor dat elke stukkie van 'n prentjie belangrik is anders kan ons nie die prentjie sien nie. So is ons ook belangrik en spesiaal in God se prentjie. CJ sit die laaste stukkie in om die prentjie te voltooi. Ons lessie is dat oor die Salwing van Dawid as koning. Hier is die gesigte van Dawid, sy broers, Samuel en Isai wat Nelmari voor die tyd vir ons gemaak het. Ons kyk na Koning Dawid se kroon en omdat ons vir God ook baie spesiaal is, maak ons elkeen vir ons 'n eie kroon sodat ons kan onthou dat ons vir Hom spesiaal is en dat ons God baie lief het. Die groter kinders het hulle voorlaaste lessie van die Tabernarkel gehad en vanaand het hulle gepraat oor wat alles in die Heiligste was... Saam met die Manorah en die tafel met die toonbrode, was die wierook altaar, met goud oorgetrek, een meter hoog en half meter breed, vier horing, een of elke hoek. Die Hoe priester het elke oggend en elke aand wierook daar gaan brand. Die resep was 'n geheime een wat NET vir God gebruik is. Hier brand hulle wierook en Marcelle help so 'n bietjie met die blaas.Wierook is soos 'n gebed - Dawid bid in Psalm 141:2 dat sy gebed soos wierook voor God moet wees en in Open 5:8 lees ons dat die 24 ouderlinge voor die Troon van die Lam staan wanneer Hy die Boek van die Lewe oopmaak met goue bakke met wierook wat die gebede van die gelowiges bevat. Hulle speel 'n speletjie waar hulle 'n versie moet ontrafel en Daleen sit haar woord neer.Soos die Hoe priester twee keer 'n dag die wierook moes brand, moet ons soggens en saans met God praat en onthou dat ons gebede soos 'n aangename geur voor God is. Die manne sien dat hulle moet verander aan hulle poging en eintlik met 3 van hulle voor die bord, ontrafel hulle die versie Heb 13:15 "Bring aan God 'n offer van lof"

No comments: