Saturday, September 20, 2008

Kindergroep by die Afrikaanse Kerk - 19 September

Ons het weer 'n mooi opkoms van maats gehad hierdie week, alhoewel dit nooit dieselfde groepie kinders is nie. Dis nie altyd maklik om 'n program te laat vloei met aan en af bywoning nie, maar ons glo, vertrou en bid dat ons vanjaar wel 'n kern groep maats gaan he wie se ouers hulle getrou Sondagskool toe gaan bring.
Die klompie, groot en klein sing baie lekker saam met die musiek. Hier is van die groot kinders ook besig om saam te beweeg en sing.

Die kleintjies leer en hoor vandag dat God in die Hemel woon deur 'n lekker lessie en aktiwiteit. Ek hoor dat die dogtertjies vanaand meer lekkertjies as die seuns gekry het omdat hulle nie so baie woorde gehad het nie. (Is dit nie 'n mooi manier om te se die seuns het baie gepraat nie?)

Kyk net die mooi wolkies wat Liam en Nicholas gemaak het. Ons het ook 'n besoeker vanaand wat saam met Nikka gekom het en haar naam is Lucy.

Die groter kinders leer vanaand nog van die Tabernakel en die les is God gee lig en lewe. In die woestyn het Hy die Israelite van manna en kwartels voorsien. Die twaalf toonbrode op die offertafel in die Heiligste het die twaalf stamme van Israel voorgestel en die boodskap was ... God sorg vir almal.

Johannes 6:35 "Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo sal nooit weer dors kry nie

Die tabernakel is bedek met vier lae ... die eerste laag van fyn linne met goud, blou, rooi en gerubs daarop gebordeer en die tweede laag van bokhaar, die derde van rooi gekleurde ramsvel en die vierde laag gebreide dierevel.

God het ook lig voorsien deur 'n vuurkolom snags en die Minorah ... lamp, in die Heiligste, het dag en nag gebrand. Die lampstand was in die vorm van 'n boomstam met drie takke soos die van 'n Amandelboom en die kelke soos die van Amandelbloeisels. Die bome het begin bot as dit lente word en het nuwe lewe voorgestel. Die lamp het gebrand met suiwer olyfolie en was gemaak van 34 kg suiwer goud. Jesus se vir die mense: Ek is die lig vir die wereld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig he wat lewe gee." En die lig waarvan Jesus praat is dat as ons Hom volg en toelaat dat Hy in ons lewe skyn, is daar geen plek vir sonde nie. Dan kan ons ook soos Paulus in Fil 4:13 se : Ek is tot talles instaat deur Christus wat my krag gee.

No comments: