Saturday, September 13, 2008

Ons leer van die Skepping en Tabernarkel

Vanaf 'n sonskyn Swellendam. Ek hoor dat ons 'n mooi klompie kinders gisteraand gehad het en dat almal lekker saam gesing, speel en meer van Jesus geleer het. Die nuwe liedjies van Soekie en Duggie Dug gaan goed af en ons kinders sing lekker saam. (Dis mos altyd lekkerder as ons 'n groter groepie is). Die kleintjies begin vanaand met 'n voeltjie wat hulle maak en dan leer hulle die versie in die Bybel deur eers te leer hoe soek mens 'n versie in die Bybel en dan met bewegings hoe om dit te onthou.
Ons kyk na die skeppingsprente en dat God alles gemaak het. Die groters se les was dat God ons reinig van sonde. Dit gaan oor die feit dat die beste van mens se diere geoffer is omdat iemand gestraf moes word vir sonde omdat God dit in so 'n ernstige lig sien en daarom was niemand anders as Sy Seun Jesus goed genoeg om die sonde van die wereld weg te neem nie. Dan werk die kinders ook hard aan die tabernarkel en om meer daarvan te leer. Vanaand leer hulle van die brandofferaltaar en van die bronswaskom.
Kyk hoe mooi vorder hulle tempel.

Dankie Charmaine en Nelmari vir die fort hou daar en dat julle so getrou die foto's stuur so dat die ouers kan sien wat ons doen.

No comments: