Saturday, September 6, 2008

Ons leer die evangelie kleure

Ek blog vandag vanaf 'n heerlike sonskyn Kaap af. Gisteraand was ons baie geseend en het 18 maats opgedaag vir groep!! Dis wonderlike en ons se dankie Pappa vir hierdie klomp maats en ons glo dat ons 'n groot groei in bywoning vanjaar gaan he. Dankie vir Charmaine en Nelmari wat die fort daar hou en vir die aanstuur van die foto's sodat ons julle kan vertel wat daar gebeur het. Twee nuwe maats wat vir die eerste keer daar was, was Danielle en Paulo Pretorius. Vanaand het die klomp lekker sing op van ons nuwe musiek en Charmaine se dat Jabulanie en I can sing, die twee nuwe liedjies vir die aand sommer goed afgegaan het. Ek sien uit daarna om julle dit te hoor sing wanneer ek terug is. Die kleintjies was vanaand sommer 'n groot klompie. CJ het vanaand "gesolo" en baie oulik die groep alleen bygewoon en so ook klein Adam. Nicholas het baie mooi na die kleintjies gekyk. Die Verkleuremannetjies (ons jonger groep) het vanaand geleer wat die verskillende bybelkleure beteken. Hulle het 'n kruis geplak met die kleure en saam met dit gepraat oor die verskillende kleure. Hulle het ook 'n hangertjie in die evangelie-kleure gemaak.

Goud - wat mens aan 'n kroon laat dink wat 'n koning op sy kop dra. God is die Koning van alle mense
Swart - wat ons laat dink aan iets vuils en lelik is soos sonde. God hou niks van sonde nie.
Rooi - God het my/jou/ons lief. Die rooi laat ons aan Jesus dink wat vir ons aan die kruis gesterf het. Hy het vir ons sonde gesterf.
Wit - Omdat Jesus vir ons sonde gesterf het is ons sonde vergewe en is ons so skoon soos wit papier.
Groen - God wil he ons moet Hom beter ken. Gras is groen en dit groei. God se kinders moet ook groei in ons liefde vir Hom.
Die ouer kinders leer verder van die tabernakel en hoor dat ons Jesus moet kies as die enigste ingang na God toe. Hulle bou ook verder aan hulle tabernakel.

No comments: