Thursday, September 4, 2008

Kindergroep by die Afrikaanse Kerk - 4 September

Hierdie week doen ons lessies twee van die nuwe studies en ons hoop dat al die maats nou lekker vakansie gehou het en terug sal wees. Ons se byvoorbaat dank vir ons ouers wat hulle kinders kerk toe gaan bring sodat hulle saam met ander maatjies nog meer en meer van Jesus kan leer.

Die ouer maats wat aan die Tabernarkel werk, gaan hierdie week alles rondom die tentkerk en tabernakel kan ontdek. Julle versie om te leer is Eksodus 25:8. Bring seblief julle Bybels saam!
Die verkleurmannetjies (ons jonger groep), hoor vanaand dat ons vyf kleure, goud, swart, rooi, wit en groen 'n storie vertel en gaan allerhande lekker aktiwiteite doen. Die maats wat ons verkleurmannetjie liedjie se woorde huis toe geneem het, moet onthou om bietjie daarvan te leer.
Sien julle ALMAL moreaand om half sewe!!

No comments: