Thursday, September 4, 2008
Kindergroep by die Afrikaanse Kerk - 4 September
Tuesday, August 26, 2008
Die Jaarbeplanning
Monday, May 19, 2008
ECC - Ouerbrief 19 Mei
Kleuters
Ons hoor Emma is vanaand terug van haar vakansie en ek is seker TJ gaan baie bly wees om haar te sien. Tannie Corine het 'n spesiale laaste lessie en aktiwiteit vir julle.
6 - 12 jariges

Die laaste lessie gaan oor "Celebration" How can we share the Bible with others? en ons versie om te leer Rev 7:9 (In Engels of Afrikaans). Bring julle Bybels saam en kom kyk wat die tannies vanaand vir julle wil vertel en laat doen.
Tieners
Ons het ook aan die einde van die Daniel studie gekom en vanaand se les 13 gaan oor Point to God by telling others how He has changed your life. Ek hoop dat almal vanaand gaan bywoon, ons het 'n spesiale afsluiting vir die studie.
Algemeen
Sunday, May 11, 2008
ECC - Ouerbrief 12 Mei
Monday, May 5, 2008
ECC - Ouerbrief 5 Mei
Sunday, April 20, 2008
ECC - Ouerbrief 21 April
As julle na hierdie prentjie kyk, watter storie het tannie Corine hierdie week? Het julle reggeraai en Jona en die vis gese? Dan is julle baie slim!Die versie om te leer is Ps 119:105 in Engels en Afrikaans.
Bring julle Bybels saam en kom luister en leer meer oor die Woord van God
Tieners
Ons het ook groep vanaand en ons les handel vanaand oor Point the Way to God. Doen 'n bietjie naslaan werk en kon vertel my van 'n ou met die naam van Shaun Alexander wat Amerikaanse voetbal gespeel het. Volgende week moet julle solank uitboek vir fliek ....meer daarvan later.
O ja en tieners bring asseblief julle boekies saam!
Algemeen
Sunday, April 13, 2008
ECC - Ouerbrief 14 April
Kyk bietjie of julle die onderstaande Bybelname in die blokkies kan vind? Abel Adam Amos Boaz Cain Daniel David Elisha Esay Esther Eve Ezekiel Ezra Haggai Hosea Isaiah Jacob James Jeremiah Jesus Joel John Jonah Joseph Luke Lydia Mark Mary Matthew Micah Miriam Moses Nahum Naomi Noah Paul Peter Rachel Ruth Salome Samson Seth Solomon Tamar
Tieners
Tuesday, April 1, 2008
Sunday, March 23, 2008
ECC - Ouerbrief 24 Maart 2008
Sunday, March 9, 2008
ECC - Ouerbrief 10 Maart 2008
Sunday, March 2, 2008
ECC - Ouerbrief 3 Maart

Tannie Corinne doen vanaand die storie van die engel wat aan Gideon verskyn het met hulle.
Enige nuwe maatjies is welkom en ouers kan hulle net so na half agt weer huistoe neem en almal kan vroeg in die bed wees.
Die ouderdomsgroepies werk uit die Volcano Adventure van Disciple land en vanaand is dit die lessie wat gaan oor God Breathed - Where did the Bible come from? Onthou asseblief ons verandering in tye:
Ons begin nou 6:30 nm en is rondom 8:15 klaar.
Sien julle almal!!
Monday, February 18, 2008
ECC - Ouerbrief 18 Februarie
Ons probeer nog steeds nog 'n maatjie of twee vir hierdie groepie kry, so asseblief ouers as julle weet van enige SA kleuters, laat ons weet. Hulle maak nie so laat klaar as die ouerklomp nie, en die ouers kan hulle teen half nege in die bed hê.

Sunday, February 10, 2008
ECC - Ouerbrief 11 Februarie
Eerstens het ons Maandaggroep "amptelik" oorgetrek na die nuwe kerkgebou. Dis tye soos die wat mens agterkom hoeveel goed ons al opgegaar het gedurende die jare, maar gooi nou net iets weg... Ons is baie dankbaar teenoor ECC dat hulle vir ons die gebruik van klaskamers en die gebruik van kasse om ons goed in te bêre beskikbaar maak. 

Kyk mooi na die foto. Hierdie gebou is reg langs die oue. Ons kinders gaan in by die klein deur op regterkant en op met die trappe tot op die eerste vloer. Daar sal iemand wees wat sal help as julle nie seker is nie.
Nuwe SA Kinders
Het julle al die nuwe en ou kinders wat nie deel van ons groep is vertel van die groep? Indien nie, wil ek mooi vra of julle seblief die kinders se inligting vir my kan deurgee dat ons die ouers kan kontak.
Lekker week vir almal en ons sien julle klomp Maandagaand!
Sunday, January 27, 2008
ECC - Ouerbrief 28 Januarie
Sunday, December 9, 2007
ECC - Ons groet van ons maatjies
Altwee hierdie maatjies is hier in Abu Dhabi gebore en het ons van kleins af by ons in die kindergroep gehad. Dis glad nie maklik om vir julle ouens, Ansie, Francois, Liana en Mia totsiens te sê nie. Ons gaan julle verskriklik mis. Ons bid dat julle gou-gou daar 'n groepie vir die meisies sal kry en dat julle die nuwe uitdaging gaan geniet!Vir die res van julle - Ons het GEEN Kindergroep die res van Desember nie. Loer gerus gereeld in om allerhande interessante nuus en goed op die blog te sien en ook wanneer ons weer bymekaar kom.
Sunday, December 2, 2007
ECC - Ouerbrief 3 Desember
Sunday, November 25, 2007
ECC - Ouerbrief vir 26 November
Nuus
Die volgende inligting vir hierdie week.
Kleuters
6 - 12 jariges
Hulle doen hierdie week Why was Jesus Arrested? en die versie is Matt 26:56. Ek het die versie op die linkerkant van die blog vir ons kinders om te leer.
Tieners
Algemeen
Volgens die skooljaarprogramme is daar nou baie breuke en/of eksamens waarby ons kinders betrokke is, daarom sal ons ook binnekort ons breuk vir die jaar hê.
MAAR
Moenie volgende week misloop nie! Ons beplan ietsie lekkers en sal julle teen Donderdag op die blok meer daarvan vertel.
Ouers ons sal dit waardeer as u ons kan laat weet indien u kinders nie die groep kan bywoon nie.
Hoop om almal van julle Maandagaand te sien!
Saturday, November 17, 2007
Tieners se Uitdaging hierdie week - 19 November

Jou huiswerk die afgelope drie weke was om bladsy 21, 22 en 23 van jou werkboekie te voltooi (ons het meeste daarvan in groeptyd gedoen) en om die woord POWER se betekenis vir ons na te slaan.
Ons versie vir die volgende week is:
Ek hoop om almal van julle Maandagaand te sien!!
Monday, November 5, 2007
ECC - Ouerbrief vir 5 November
Liefde
Sunday, October 14, 2007
ECC - Kindergroep 15 Oktober
Neem asseblief kennis dat ons vanwee die Eid vakansie en die feit dat van ons tans besig is op 'n jeugseminaar in Dubai, daar geen groep hierdie Maandagaand gaan wees nie.
Ons sien julle almal volgende week!!
Liefde
Sandra






