Sunday, March 9, 2008

ECC - Ouerbrief 10 Maart 2008

Die Abu Dhabi jaar is vinnig besig om uit te hardloop en ons het slegs drie maande van kindergroep oor. Aan die einde van die maand het ons een aand wat daar nie groep sal wees nie, maar ons sal almal op hoogte hou. Ek wil weer van die geleentheid gebruik maak om ons ouers te bedank vir die getroue bywoning van ons kinders.
Ons Kleuters
Hulle is nie 'n groot groep nie, maar hulle is elke week 100% daar om na tannie Corinne se stories te luister en die aktiwiteite te doen.
Hierdie week gaan dit die storie van Simson wees, so julle moet kom om te luister ....
Die 6 - 12 jaar groepe
Vanaand doen julle hoofstuk 3 van die My Volcano Adventure en julle gaan hoor Hoe die eerste Bybel gelyk het.
Die versie wat julle moet leer is Matt 24:35. Kyk in die kantlyn is die versies. Julle kan in Engels of Afrikaans leer
Maats bring asseblief julle Bybels ook saam groep toe.
Tieners

Hoe het dit gegaan met julle uitdaging van verlede week? Was julle "braaf" genoeg om Daniels te wees? (Loer terug op die blog as julle vergeet het).
Hierdie week gesels ons hoe om vriende te kies wat Jesus volg.
Indien daar nuwe Suid-Afrikaners is wat belangstel, bring hulle saam of ouers kry vir my die inligting dat ons hulle kan kontak.
Sien uit om julle almal te sien!

No comments: