Friday, March 7, 2008

Ons leer van Awesome Worship

Alhoewel daar 'n klompie kinders nie opgedaag het nie, het die klompie wat nou aan die nuwe tyd gewoond is, lekker saam gesing, geleer en gespeel en nuwe maatjies is gemaak.
Ons sing V-I-P to G-O-D en hier wys die klompie 'n mooi "V" Dis 'n "I"
En die "P" van V-I-P.

Ons het twee nuwe maatjies vanaand. Een van hulle is Zanelle van der Ham (5 jaar oud). Sy het nog vreemd gevoel en nog nie lus om saam te sing nie.
Klein Ieune (4 jaar oud) het nie op haar laat wag nie, en gou gou saam met Chane staan en sing.
Tannie Corinne wat vanaand vir ons kom help het, leer hier die klein maatjies ken. Ieune en Carmen het onmiddelik besluit dat hulle maatjies is en het groot pret gehad.
Hulle storie vanaand was oor die goue kalf en hulle het die tonele met velt gepak.
Daarna het hulle kaartjies gemaak en omtrent "sticky" (hulle woord) geraak van die gom.
Die groter kinders het oor/van verskillende maniere van lofprysing gepraat/geleer. Hier werk van hulle hard aan hulle aktiwiteit.
Daarna het hulle gepraat oor nagmaal. Hier verduidelik tannie Charmaine die "brood".

No comments: