Showing posts with label lesse07. Show all posts
Showing posts with label lesse07. Show all posts

Saturday, June 14, 2008

Ons woorde

Die jaar skaal nou af en meeste van ons maats gaan gedurende die lang skoolvakansie iewers kuier en vakansie hou. Ons gaan nog groep he vir Junie en dan gedurende Julie 'n kort breuk vat maar Augustus begin ons weer met nuwe lesse, nuwe aktiwiteite en nuwe musiek! Ons is opgewonde oor die nuwe lesse en vertel later meer daarvan. Kyk bietjie wat het ons gisteraand gedoen. (Kliek links om die video te kyk)







In plaas van foto's van die kinders wat sing hierdie week, kyk bietjie na die boeties Liam en Nicholas wat mooi al die bewegings en woorde van die liedjie geleer het. Ons het ook vanaand nog 'n nuwe maatjie gehad. Baie welkom Adam Stander!! Die kleintjies het vanaand gehoor en geleer dat God altyd met ons is maak nie saak waar ons is of wat ons doen nie. Hier werk hulle hard aan hulle prentjies plak. Dan het ons ook mannetjies gemaak wat wys hoe God altyd by ons is. Om te wys dat ons "op die spoor" en naby God moet bly het ons gewys hoe 'n treintjie werk. Nelmari stel die treinstel op. Kyk die gesiggie!! Ons wys dat as ons nie op God se spoor bly nie kan die trein oor die afgrond ry. Die groter kinders het oor "woorde" gepraat en hulle het eers 'n paar tongknopers gehad om vinnig te se ... sodat ons kan sien/hoor wat ons tong alles kan doen. Luandi en Wayne luister waar tannie Charmaine die slides verduidelik. Hier verduidelik hulle aan my wat gebeur as ons goeie woorde en slegte woorde gebruik.

Monday, June 9, 2008

Wees lief vir jou naaste

Die kindertjies was maar min hierdie week. Met die Vrydagaandgroep sit ons ook met 'n afstand probleem, want as die ouers nie kom nie, gaan hulle nie al die pad ry net vir hul kinders nie. Maar die kinders wat gekom het, het gekom om Hom te prys met lofsang en om meer van God te leer en hoor. Die jongeres het die les "Twins Esau trades his birthright" van die Discipleland reekds God Knows Us gedoen. Hier kyk hulle eers watter bestanddele is nodig om 'n pot sop te maak. Daarna kyk ons na 'n DVD storie oor die lessie. As aktiwiteit maak hulle iets van verskillende sade. Chane werk aan 'n mooi patroon. Twee van die groter kinders trek eers verskillende klere aan en dan gesels die groep oor "ryk" en "arm" mense en hoe dit voel om nie "in" te wees by die ander nie. Kyk hoe lyk Daleen en Luandi. Tannie Charmaine verduidelik dan met hulp van slides die lessie aan die groep. Die les vanaand gaan vanaand oor "True faith in action" en watter skade ons dade en woorde aan ander kan doen. Hier moet hulle teken waarmee ons die tong kan vergelyk. Vir aktiwiteite maak hulle 'n "bord" (behangsel) met 'n versie wat hulle elke dag daaraan sal herinner om ons naaste lief te he soos onsself. Daleen dink hoe sy dit gaan maak terwyl Luandi al aan die werk is. Die seuns werk ook aan hulle bord. 'n Paar van die borde amper klaar.

Tuesday, June 3, 2008

Ons gaan die Kroon kry

Ons kinders het Vrydagaand met groot greesdrif opgedaag. Hier is drie van ons meisies aan die sing met die seuns doer ver agter. Van die ander meisies sing ook saam. Twee van ons kleintjies wys ook lekker die bewegings. Hulle mag agter staan, maar hulle sing saam. Ons sluit af met die liedjie "Glory and Honor". Die kleintjies kyk dan na 'n dvd storie oor Abraham en Sara. Vandag doen hulle die storie van Rebekka se troue en hier werk hulle mooi in die boekies. Hulle moes aantrek vir die troue en Ruzaan lyk baie spoggerig. Daarna maak hulle armbande om aan te sit troue toe. Die groter kinders luister wanneer tannie Charmaine vertel dat daar wel moeilike tye en dae op ons pad kom en dat ons dit met vreugde moet hanteer want eendag in die hemel gaan ons ook ons kroon ontvang. Die meisies met hul krone wat hul gemaak het. Rico werk hard aan sy kroon en Marcelle rond sy kroon af met blink juwele. Vir verversings versier hulle ook hulle eie cupcakes. Dis 'n ernstige storie hierdie.

Saturday, May 24, 2008

Ons hoor van God se groot geskenk aan ons

Ons begin vanaand soos altyd met lekker saamsing en beweeg. Die kinders raak nou heeltemal gemaklik met die liedjies en bewegings en die boodskap wat die liedjies uitdra.
Hier sing almal lekker aan "Nothing too big, nothing to small" Liam en Nicholas sing en beduie lekker saam. Hulle het vanaand baie hard saamgesing. Annere en Luandi sing lekker saam aan dieselfde liedjie. Daleen en Luandi raak al gemakliker met hierdie bewegings. Klein Liam en Nicholas wys mooi saam. Hier "chill" almal saam met die liedjie. Die kleintjies luister na die storie van baba "Isaac", Abraham en Sara terwyl Nelmari vertel. Babatjies het kos nodig en Chane en Ruzaan proe van die baba kos. Die seuns wou nie probeer nie. Ons moet ons baba'tjies mooi versorg en Chane sit 'n doek aan. Jesus versorg en kyk mooi na ons. Ruzaan werk mooi met die babatjie, terwyl Liam kyk en Chane haar baba mooi vashou. Almal het klein baba's gekry om na te kyk en te versorg by die huis. Hier's Nicholas met sy "pop" (die seuntjies sal oefen om goeie pappas eendag te wees). Liam is nie seker wat hy met die "pop baba" moet doen nie. Tannie Charmaine vertel hulle van God se geskenk, die Ewige Lewe aan ons. Ons maak magnete om altyd te onthou wat die grootste geskenk is wat ons kan kry "Ewige Lewe". Daleen se magneet is dieselfde kleure as haar uitrusting geverf. Annere is net so trots op haar magneet.