Saturday, June 14, 2008

Ons woorde

Die jaar skaal nou af en meeste van ons maats gaan gedurende die lang skoolvakansie iewers kuier en vakansie hou. Ons gaan nog groep he vir Junie en dan gedurende Julie 'n kort breuk vat maar Augustus begin ons weer met nuwe lesse, nuwe aktiwiteite en nuwe musiek! Ons is opgewonde oor die nuwe lesse en vertel later meer daarvan. Kyk bietjie wat het ons gisteraand gedoen. (Kliek links om die video te kyk)







In plaas van foto's van die kinders wat sing hierdie week, kyk bietjie na die boeties Liam en Nicholas wat mooi al die bewegings en woorde van die liedjie geleer het. Ons het ook vanaand nog 'n nuwe maatjie gehad. Baie welkom Adam Stander!! Die kleintjies het vanaand gehoor en geleer dat God altyd met ons is maak nie saak waar ons is of wat ons doen nie. Hier werk hulle hard aan hulle prentjies plak. Dan het ons ook mannetjies gemaak wat wys hoe God altyd by ons is. Om te wys dat ons "op die spoor" en naby God moet bly het ons gewys hoe 'n treintjie werk. Nelmari stel die treinstel op. Kyk die gesiggie!! Ons wys dat as ons nie op God se spoor bly nie kan die trein oor die afgrond ry. Die groter kinders het oor "woorde" gepraat en hulle het eers 'n paar tongknopers gehad om vinnig te se ... sodat ons kan sien/hoor wat ons tong alles kan doen. Luandi en Wayne luister waar tannie Charmaine die slides verduidelik. Hier verduidelik hulle aan my wat gebeur as ons goeie woorde en slegte woorde gebruik.

1 comment:

Muriel said...

Dit is ongelooflik. Hierdie wonderlike werk wat julle doen om kinders naby aan God te hou!!

Julle is die beste!