Monday, June 9, 2008

Wees lief vir jou naaste

Die kindertjies was maar min hierdie week. Met die Vrydagaandgroep sit ons ook met 'n afstand probleem, want as die ouers nie kom nie, gaan hulle nie al die pad ry net vir hul kinders nie. Maar die kinders wat gekom het, het gekom om Hom te prys met lofsang en om meer van God te leer en hoor. Die jongeres het die les "Twins Esau trades his birthright" van die Discipleland reekds God Knows Us gedoen. Hier kyk hulle eers watter bestanddele is nodig om 'n pot sop te maak. Daarna kyk ons na 'n DVD storie oor die lessie. As aktiwiteit maak hulle iets van verskillende sade. Chane werk aan 'n mooi patroon. Twee van die groter kinders trek eers verskillende klere aan en dan gesels die groep oor "ryk" en "arm" mense en hoe dit voel om nie "in" te wees by die ander nie. Kyk hoe lyk Daleen en Luandi. Tannie Charmaine verduidelik dan met hulp van slides die lessie aan die groep. Die les vanaand gaan vanaand oor "True faith in action" en watter skade ons dade en woorde aan ander kan doen. Hier moet hulle teken waarmee ons die tong kan vergelyk. Vir aktiwiteite maak hulle 'n "bord" (behangsel) met 'n versie wat hulle elke dag daaraan sal herinner om ons naaste lief te he soos onsself. Daleen dink hoe sy dit gaan maak terwyl Luandi al aan die werk is. Die seuns werk ook aan hulle bord. 'n Paar van die borde amper klaar.

No comments: