Tuesday, June 3, 2008

Ons gaan die Kroon kry

Ons kinders het Vrydagaand met groot greesdrif opgedaag. Hier is drie van ons meisies aan die sing met die seuns doer ver agter. Van die ander meisies sing ook saam. Twee van ons kleintjies wys ook lekker die bewegings. Hulle mag agter staan, maar hulle sing saam. Ons sluit af met die liedjie "Glory and Honor". Die kleintjies kyk dan na 'n dvd storie oor Abraham en Sara. Vandag doen hulle die storie van Rebekka se troue en hier werk hulle mooi in die boekies. Hulle moes aantrek vir die troue en Ruzaan lyk baie spoggerig. Daarna maak hulle armbande om aan te sit troue toe. Die groter kinders luister wanneer tannie Charmaine vertel dat daar wel moeilike tye en dae op ons pad kom en dat ons dit met vreugde moet hanteer want eendag in die hemel gaan ons ook ons kroon ontvang. Die meisies met hul krone wat hul gemaak het. Rico werk hard aan sy kroon en Marcelle rond sy kroon af met blink juwele. Vir verversings versier hulle ook hulle eie cupcakes. Dis 'n ernstige storie hierdie.

No comments: