Saturday, May 24, 2008

Ons hoor van God se groot geskenk aan ons

Ons begin vanaand soos altyd met lekker saamsing en beweeg. Die kinders raak nou heeltemal gemaklik met die liedjies en bewegings en die boodskap wat die liedjies uitdra.
Hier sing almal lekker aan "Nothing too big, nothing to small" Liam en Nicholas sing en beduie lekker saam. Hulle het vanaand baie hard saamgesing. Annere en Luandi sing lekker saam aan dieselfde liedjie. Daleen en Luandi raak al gemakliker met hierdie bewegings. Klein Liam en Nicholas wys mooi saam. Hier "chill" almal saam met die liedjie. Die kleintjies luister na die storie van baba "Isaac", Abraham en Sara terwyl Nelmari vertel. Babatjies het kos nodig en Chane en Ruzaan proe van die baba kos. Die seuns wou nie probeer nie. Ons moet ons baba'tjies mooi versorg en Chane sit 'n doek aan. Jesus versorg en kyk mooi na ons. Ruzaan werk mooi met die babatjie, terwyl Liam kyk en Chane haar baba mooi vashou. Almal het klein baba's gekry om na te kyk en te versorg by die huis. Hier's Nicholas met sy "pop" (die seuntjies sal oefen om goeie pappas eendag te wees). Liam is nie seker wat hy met die "pop baba" moet doen nie. Tannie Charmaine vertel hulle van God se geskenk, die Ewige Lewe aan ons. Ons maak magnete om altyd te onthou wat die grootste geskenk is wat ons kan kry "Ewige Lewe". Daleen se magneet is dieselfde kleure as haar uitrusting geverf. Annere is net so trots op haar magneet.

No comments: