Monday, March 3, 2008

ECC - Ons leer waar kom die Bybel vandaan

Ons maats het mooi by die nuwe tye aangepas en behalwe vir 'n paar was almal daar.
Ons sing Lees jou Bybel en bid elke dag. Kyk hoe mooi wys Emma en Thomas.
Van ons kinders lekker aan die sing!
We are wild about God, sing die klompie hier.
Die kleintjies luister na hulle storie oor Gideon terwyl tannie Corinne vertel. Dankie Ruanda vir die bord, ons waardeer!
Kyk die gesiggies terwyl hulle luister. Thomas lyk ook gereed om ietsie op die bord te sit.
Dan maak hulle vure van klei.
Tannie Heleen se groepie luister as sy verduidelik. Hulle trek hulle voete af op karton en gaan nou die woord "Bybel" op die uitplak
Liam lyk heel trots op sy handewerk.
Kyk net myne?!
Tannie Charmaine verduidelik hier vir haar groepie oor die vertaling van die Bybel en....
van die eiland van Mindanao in the Filippyne en die Tboli mense wat daar bly. Die Hershey Kiss sjokolade verteenwoordig die ses eilande.
Henry het die storie vir my baie mooi vertel. Dan eet hulle "volcana" van roomysies met lawa (soet stroop).
Ek gaan seker in die moeilikheid wees met die tieners maar ek moet die storietjie vertel. Om ons les van die aand in te lei, is hulle gevra om 'n padkaart te teken na hulle huis toe. Na een van hulle hierdie vierkant getrek het (dis die kerk waar ons is) sĂȘ hy ewe ernstig, van hier af is ek verdwaal want natuurlik lekker by ons onderwerp "Pray and Lead others to Jesus" aangesluit het. (Ek het belowe ek sal die prentjie plaas)
Die groepie hard aan die werk in hulle boekies. Hulle uitdaging vir die week is:


TO ask God to give you His heart for those who don't know Jesus and then take any opportunity to tell someone this week about the bridge to life that Jesus provides.


Go ahead, I dare you!

No comments: