Sunday, March 2, 2008

ECC - Ouerbrief 3 Maart

Die volgende reelings mbt ons Kindergroep Maandagaand.

Kleuters


Tannie Corinne doen vanaand die storie van die engel wat aan Gideon verskyn het met hulle.

Enige nuwe maatjies is welkom en ouers kan hulle net so na half agt weer huistoe neem en almal kan vroeg in die bed wees.


Dankie Corinne vir al die harde werk met die voorbereiding en die aktiwiteite.


6 - 12 Jariges


Die ouderdomsgroepies werk uit die Volcano Adventure van Disciple land en vanaand is dit die lessie wat gaan oor God Breathed - Where did the Bible come from?


Tannie Heleen en tannie Charmaine het lekker aktiwiteite vir julle beplan, so ek hoop dat al die maats hier gaan wees.


Bring ook 'n nuwe maatjies saam .....


Die versie wat julle moet leer is, 2 Tim 3:16-17. Verlede week het Daleen haar versie perfek geken, wie gaan dit vanaand doen? (Versie in regter kantlyn) Julle kan dit in Engels of Afrikaans leer.


Tieners
Ons werk vanaand weer aan ons studie Dare to be A Daniel.
Bring julle boekies, bybels en skryfgoed en bring iets om te kou en drink saam.


Algemeen


Onthou asseblief ons verandering in tye:

Ons begin nou 6:30 nm en is rondom 8:15 klaar.

Sien julle almal!!

No comments: