Friday, February 29, 2008

Ons leer van die kerkfamilie

Vanaand was ons genoeg kinders om in drie groepe in te deel!!! Almal het so lekker saamgesing en die kleintjies en meisies was so "woelig" dat die foto's almal onduidelik uitgekom het (miskien is dit ook die kameravrou se skuld). Hier maak die vier manne gereed om die kamplied op versoek te sing.
Ons kleuters het vanaand die storie gehoor van hoe God agter die Israeliete gekyk het deur hulle manna en kwartels te gee en hoe ons moet vertrou en dat God sal voorsien.

Kyk net die mooi prentjie met die "kwartels" wat vlieg en manna wat uit die lug kom.

Ons ander groepie het gewerk aan "Awesome Family" en gehoor hoe en waar ons deel van die kerk moet wees en hoe en waar betrokkeDaar was ook 'n nuwe maat vanaand, Monique. Hoop jy pas gou-gou aan in Abu Dhabi en dat ons jou volgende week weer gaan sien.
Hierdie manne mag dalk lyk asof hulle niks doen nie, maar dis ons eerste bymekaarkom van tieners by die Afrikaanse Kerk. Vanaand het ons oor die afgelope kamp gesels, wat ons daar geleer het en ons planne vir die res van die jaar.
Vir aktiwiteite het die klomp 'n groot kerk gemaak en omtrent geknip en plak om mooi kleurvolle vensters te maak en genoeg mense om betrokke te wees by die kerk.
Iemand wil nie hĂȘ ek moet vanaand foto's neem nie. Carmen is nie baie gelukkig met my nie, maar kyk net hoe mooi teken sy prentjies.
Die manne help hulle self aan die "manna" en "kwartels" vir verversings.
Daleen het spesifiek van die "manna" gehou en so ook Andre wat dit saam met sy koffie geniet het.
Saskia en Chane geniet ook die manna.

No comments: