Tuesday, March 11, 2008

ECC - Ons hoor hoe die eerste Bybel gelyk het

Alhoewel ons gisteraand een van ons minder goeie bywonings aande gehad net, het ons nog steeds 'n goeie aand van lessies, sang en pret gehad. Dankie aan die ouers wat laat weet het dat die kinders ongelukkig nie kan kom nie en dankie aan die groepleiers wat steeds 100% voorberei ongeag die onsekerheid of en hoeveel kinders julle gaan he.
Die klompie lyk baie ernstig terwyl hulle "Armour of God" sing.
TJ sing en wys hoe sterk is hy met die liedjie.
Tannie Charmaine sing saam aan "Wonder God". (Corinne jy was te woelig vir die foto!)
Hierdie meisies wys en sing ook saam.Dan is dit lessie tyd en Thomas en Emma luister mooi terwyl tannie Corinne die storie van Simson vertel. Hulle het ook mooi prentjies gemaak.
Die ouer kinders het geleer van Hoe die eerste Bybel gelyk het en ook in watter taal dit geskryf is en hulle het heelwat aktiwitiete gehad om te doen. Kyk bietjie na die prentjie in tannie Charmaine se hand oor die goggas/insekte ... Hulle hoor van die Tboli stam en hoe hulle oorleef, selfs van goggas. Die kinders praat oor wat hulle versamel en hoe iemand wat bv insekte versamel die regte een moet kies. So het God ook die mense wat die Bybel moes saamstel gelei om die regte boeke te kollekteer. Die "verversings" vanaand is sand (kits poeding), wurms (jellie wurms) en bo-grond (gekrummelde oreo koekies), voordat die ouers wonder wat ons hulle skapies voer. Die reaksie van die kinders was iets ysliks .... kyk na 'n paar.
Ok, wat presies is dit loer Rikus in die bakkie. Die tieners was effens skepties totdat hulle die smaak gekry het.
Nie sleg nie wys 'n brawe Daleen. Van haar groepie was daar heelwat kinders wat nie kans gesien het vir die grondmengsel nie .... Megan wou nie eet nie, Liam het gese hy eet liewers miere en Jumarie wou weet waarvoor was die bo-grond nodig.
Hierdie gesig kan se "Ugg dis sleg" of "Hmmm wat het ons hier, dis lekker". Wat tannie Heleen eintlik gese het was dat die wurmpies haar aan visvang laat dink het. Die aas wat altyd gebruik is toe sy nog klein was.
Die kleintjies se reaksie was heeltemal anders. Klein Emma het dit een kyk gegee en gese dit lyk na roomys. Die jellie wurmpies binne-in het egter nie so goed afgegaan nie.
Die tieners se lessie het oor "Pick Godly Friends Who Follow Jesus" gegaan. Die vragies was:
- Which type of friends are you surrounding yourself with? Do they help you in your relationship
with God, or do they hurt that relationship? Which type of friend are you?
- What temptations are you facing? Are you resisting or giving in? What temptatoins are your
friends facing?
- What changes can you make so that you are sure to stand strong when trials come?
Ons het ook vanaand vir Devon Bax by ons gehad. Hy kan nie Afrikaans praat nie, maar alhoewel die tieners partykeer Afrikaans tussen-in gegooi het, hoop ek dat hy weer saam sal kom kuier. Dankie aan Armand en Lizelle wat julle "uitdaging" van verlede week aangeneem het hierdie week en so vir Devon gebring het.

No comments: