Showing posts with label Totsiens. Show all posts
Showing posts with label Totsiens. Show all posts

Sunday, December 9, 2007

ECC - Ons groet van ons maatjies

Verlede week het ons nie net lekker geverf en kuier nie, ons het ook afskeid geneem van twee van ons maatjies wat hierdie maand Australia toe verhuisAltwee hierdie maatjies is hier in Abu Dhabi gebore en het ons van kleins af by ons in die kindergroep gehad. Dis glad nie maklik om vir julle ouens, Ansie, Francois, Liana en Mia totsiens te sĂȘ nie. Ons gaan julle verskriklik mis. Ons bid dat julle gou-gou daar 'n groepie vir die meisies sal kry en dat julle die nuwe uitdaging gaan geniet!

Hier is 'n paar foto's van hulle deur die jare. Ons hoop dat julle gereeld op die blog gaan inloer en vir ons laat weet hoe dit met julle gaan. Geniet die DVD en Liana en Mia leer die Australiese maatjies bietjie om die dansies ook te doen.

Vir die res van julle - Ons het GEEN Kindergroep die res van Desember nie. Loer gerus gereeld in om allerhande interessante nuus en goed op die blog te sien en ook wanneer ons weer bymekaar kom.