Monday, May 5, 2008

ECC - Ouerbrief 5 Mei

Dis Mei maand en ons laaste maand van Kindergroep by die ECC gebou voordat ons vir die somervakansie sluit. Ons hoop dat ons maats wat vanjaar so getrou gekom het, ook die laaste skof saam met ons sal wees. Nog 3 lessies en 'n afsluiting waarvan ons later meer vertel.
Kleuters
Ons kleuters hoor die storie van die goue beeld vanaand. Kom luister en kyk wat tannie Corine gaan vertel en doen.
6 - 12 Jariges.
Lessie 10 vanaand is "The Tower" - why translate the Bible? Vir die maats wat so getrou hulle versies leer, die versie vir hierdie week is Matt 9:37-38 (In Engels en Afrikaans). Bring julle Bybels saam.
Tieners
Ons doen vanaand Les 11 van ons boekie Dare to be a Daniel, Point to God by telling others about Jesus. Onthou dat julle vir ons moes uitvind van Suid-Afrikaanse "Hero's"
Algemeen
Alhoewel ons afsluit, ouers/kinders onthou dis nooit te laat om nuwe maats en intrekkers in Abu Dhabi se inligting vir ons deur te stuur nie. Om van nie nuwe kinders in te trek kan ons hulle help om in Abu Dhabi tuis te voel veral oor die lang stil somermaande. Die groep by die Afrikaanse kerk wat Vrydagaand bymekaar kom, sal egter nog aangaan deur die vakansie vir die wat dit wil kom bywoon.
Sien julle almal vanaand!

No comments: