Saturday, May 3, 2008

Daniel in die leeukuil en God se toets

Vir die tweede agtereenvolgende Vrydagaand het ons 'n redelike groepie kinders wat die kinderkerk bywoon en ons is baie dankbaar daarvoor.
Met meer maats word daar sommer lekker gesing en gedans.
Die dogters en van ons kleintjies besig om te sing.
Die twee boeties, Liam en Nicholas hou daarvan om alles saam te doen. Kyk bietjie vir Saskia onder die tafel, sy het moeg geraak van die gesingery.
Die kleintjies doen Daniel in die leeukuil. Hier luister hulle terwyl Nelmari vertel en dit met velt uitpak
Klein Saskia vertel die storie vir my oor terwyl sy na die prentjie wys.
Daarna word daar ernstig leeus gemaak. Elke een besig met sy eie prentjie terwyl Nelmari die strokies knip.

Chane se leeu se maanhare is ampertjies klaar.
Zanelle wys haar mooi leeu wat sy gemaak het. Ongelukkig het die humiditeit buite baie van die maanhare later die aand 'n knou gegeeHier soek hulle die leeus tussen die lekkergoed-diere uit. Liam het besluit hy sal proe watter een 'n leeu is.
Hier werk hulle aan hul aktiwiteit om die goed wat nie slegs is nie, maar wat tussen hulle en God kan kom uit te knip en te plak (soos bv. tv, sport, speletjies, ens.)
Marnus het geen probleem om die enigste seun in hierdie klein groepie te wees nie.
Met die "jnr" tieners het ons nie golf behandel nie maar wel Genade - om iets te kry wat jy nie verdien het nie. Ons versie was Efesiers 2:8





No comments: