Tuesday, May 6, 2008

ECC - Hoekom word die Bybel vertaal?

'n Teleurstellende bywoning van ons kinders vanaand, maar ons besef ook dat dit 'n keuse is wat elke kind/ouer moet neem om te kom of nie. Die kinders wat wel hier was, het vanaand lekker gesing aan ou en nuwe liedjies en heerlik gewerk aan die lesse en aktiwiteite wat die groepleiers vir ons/julle kinders voorberei.


Ek moet net weereens vir julle ouens, Corine, Charmaine en Heleen (die groepleiers), dankie se vir die toewyding en geesdrif waarmee julle elke les vir die kinders voorberei. Soos ons doel van die Kindergroep se, "Ons wil by ons kinders 'n liefde kweek vir Vader en bewus maak van Sy liefde vir hulle op 'n manier waarmee hulle kan identifiseer en wat hulle verstaan." Dankie dat julle dit so ten volle doen ondanks die getalle wat opdaag. Ons doen dit nie vir onsself nie, ons doen dit vir Vader.Hierdie vier wys lekker terwyl hulle sing.
Van ons tieners wat saamsing. Ons is baie trots op die manier wat julle vir die kleintjies 'n voorbeeld stel met die lofprysing.
Die drie dogters is van ons voorsangers en hulle geniet en wys die bewegings lekker saam. Ons heel kleintjies het 'n "kwik-kwak" gemaak (Help tog asseblief as julle die regte woord ken) en hier wys TJ die hartjies wat hy daarop geplak het. Tannie Heleen se groep het 'n Bybel gemaak en gepraat oor die vertalings van die Bybel. (Hoekom het julle so baie m & m's?) Hier wys Liam sy Bybel. Megan s'n is vol hartjies om God se liefde te wys.Daleen lees 'n stukkie uit die Bybel tydens tannie Charmaine se groepie. Dan maak 'n prayer-cubs en Daleen konsentreer hard om dit geplak te kry. Kyk se Amy, is dit nie mooi nie? Die tieners het my vanaand toegelaat om hulle met toestemming af te neem. Ek weet nie werk hulle of steek hulle weg vir die kamera nie. Miskien wil hulle net hulle boekies afwys. Ons het jou gemis vanaand Armand, hoop jy word gou gesond!

No comments: