Showing posts with label Tieners. Show all posts
Showing posts with label Tieners. Show all posts

Saturday, January 21, 2012

Tieners kuier en praat oor Nuwejaarsvoornemings

Die tieners het weer lekker saamgekuier. Eers is daar bietjie gespeel en toe het almal lekker saamgeeet. Die onderwerp het gegaan oor Nuwejaarsvoornemings en daar is debat gevoer tussen twee groepe.

Friday, June 4, 2010

Tieners sluit af

Ons Maandagaand tieners het gaan kegelbal speel vir hulle afsluiting.

Page1

Dis ook maar goed foto's het nie klank nie, want daar is baie gese oor die skoene en sokkies :-).

DSC_0032

Ernstige besprekings voordat hulle begin.

DSC_0033

Minette en Jolize wys hulle ompaar skoene.

DSC_0035

Daar word ernstig na bo gekyk ....

Page2

Die klomp in aksie.

DSC_0040

Minette verduidelik vir almal wat en hoe dit eintlik gedoen moet word.

DSC_0043

Almal ondersteun elkeen se rol.

DSC_0049

En as dit 'n "strike" is, is daar groot vreugde deur almal. Hierdie keer is dit Ricus wat 'n strike rol.

DSCF0257

Die telbord net om seker te maak dat dit op rekord is.

DSC_0055

Agterna met ballonne by Fudruckers.

Sunday, March 8, 2009

Ons hoor van geduld en uitreik

Die maats is baie ywerig vanaand en terwyl ons bietjie na 'n nuwe musiek dvd kyk, tel hulle vinnig die liedjie en bewegings op. Soos altyd word daar lekker gesing en gedans op ou en nuwe liedjies. Sjef JP vertel vir die groep 'n paar raaisels (floues moet ek se) soos .... wat is geel en rooi en sit in 'n hoek? 'n Piesang wat bloos! Volgende keer kan die maats self 'n paar goeie raaisels saambring en is daar 'n prys op die spel vir die oulikste een. Die sjef sny die piesangs in wieletjies en smeer daarna grondboontjiebotter op en rol dit in kralletjies. Volgens die kinders smaak dit lekker ... Hy vertel ook van die nuutste piesangs wat mens nou in die winkels kan koop wat klaar in die binnekant in wieletjies gesny is en die klomp val almal vir die storie. (Hy het natuurlik vooraf die piesangs aan die binnekant met 'n naald gesny) Die klomp vertel ewe dat hulle dit al by ons plaaslike winkel gekoop het :-). Deesdae wil ons he alles moet vinnig gebeur en word alles in 'n kits gekoop maar in die lewe is daar nie kitsoplossings nie en moet ons soms wag vir iets om te gebeur. Geduld is om aan te hou probeer wanneer jy iets nie dadelik regkry nie. Ons kry 'n paar items en luister na verskillende situasies wat bekend klink en hoe ons optree. Deur ons duim in die lig of na onder te hou, wys ons of ons dit ook doen of nie. Om geduldig te wees is om te wag sonder om kwaad te word. In Jakobus lees ons dat ons moet bly wees as daar moeilike dinge op ons pad kom want dit leer ons om geduldig aan te hou om op God te vertrou en so word ons geloof in Hom al hoe sterker. Wys dat die Heilige Gees in jou woon deur geduldig te wees. Vir 'n hersieningspeletjie hou ons 'n piesang-eet kompetisie en kyk net hoe geniet die klomp dit. Ons luister daarna na die storie van die Brooklyn-brug en hoe die ingenieur na 'n ongeluk steeds met gebare, een vinger en 'n kode aan ander verduidelik hoe om die brug verder te bou. Die maats kry 'n kode-speletjie (woordraaisel) om te onsyfer en te sien wie eerste klaar is. Die tieners se les gaan oor "Connecting the Disconnected.

Sunday, February 22, 2009

Liefde en deel jou storie

Ons begin deur 'n paar gunstelinge op versoek te sing en die kinders sing dat die lokaal bewe. Moenie vir hulle vertel nie, maar hier is 'n paar van die tieners aan die dans :-). Vanaand vertel die sjef vir ons dat mens vir jou meisie 'n appel vir valentynsdag kan gee omdat dit eerstens rooi is en tweedens omdat daar ietsie in die middel van die appel is. En nee is nie 'n wurm nie, dis 'n ster binne-in die appel. Volgens die sjef kan mens dan vir die meisie se "My liefde vir jou skyn so helder soos 'n ster in die donker nag" of iets :-). Net so sit God iemand binne ons wanneer ons Sy kinders word ... die Heilige Gees. Ons speel 'n speletjie waar ons die bekertjies moet optel sonder om daaraan te raak. Dis onmoontlik en elkeen kry nou 'n ballon wat binne die koppie opgeblaas moet word. Die koppie lig nou op omdat die lug wat ingeblaas word die ballon gevul het. Uit ons eie kan ons nie ander mense liefhe nie, net God se liefde in my kan dit regkry. Na die lessie speel ons ook 'n hersieningsspeletjie. As ons regraai kies ons 'n appel en elkeen het 'n punt op die agterkant. Ons luister na 'n storie van die tweede wereldoorlog en vir verversings het ons vandag .... ja reg geraai..... appels!Die tieners se les is "Sharing your story and God's story" en ons praat oa oor Wat dit beteken om ons lig te laat skyn? Hoe kan goeie dade 'n invloed op nie-gelowiges?

Sunday, February 15, 2009

Ons begin met ons nuwe lessies!

Lekker om altyd hierdie klomp kinders en hulle geesdrif te sien en vanaand sal die groep (behalwe die tieners) met ons splinternuwe reeks "'n Vrugtefees saam met die Heilige Gees" begin. Daar word soos gewoonlik lekker saamgesing. Ons sluit af met Glory and Honor 'n groot gunsteling. Vanaand se les is die tema-bekendstelling en die kinders ontmoet ons karakter "Sjef JP" wat gereed is om die klomp meer te vertel. Sjef JP het 'n "waatlemoen" (groen ballon gevul met water en strepies op geteken) wat hy wil sny en twee helpers kom hou die waatlemoen vir hom vas. Die water spat lekker en ons hoor ook dat 'n waatlemoen uit 90% water bestaan. Dan kom nog twee maats Dominique en TJ help sodat 'n regte waatlemoen gesny kan word. Dit lyk asof die sjef sy "werk" geniet! En so lyk 'n regte waatelemoen van binne en net-nou gaan almal 'n waatlemoen maak. Ons luister waarna die verskillende dele van die waatlemoen ons kan aan herinner. Die versie wat ons vanaand moet memoriseer is 2 Kor 3:18 "Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word .... Dit doen die Here wat die Gees is." Hoe sien mense ons as hulle na ons lewe kyk. Soos Jesus in Gal 5:22-23 of soos Gal 5:19? Ons luister ook daarna na 'n storie van Die Gemaskerde Man. Vir aktiwiteit maak ons papierbord-waatlemoene. Kyk net hoe trots is almal op hulle waatlemoene. En vir verversings .... wat anders as Waatlemoen!? Ons tieners doen hulle Les 4 vanaand wat gaan oor "Serving others in Love" en ons kyk na elkeen se talente en gawes en hoe ons dit as deel van die liggaam van Christus kan gebruik.