Ons laaste lessie vir die jaar voordat die Kersvakansie en eksamens aanbreek.
Verlede week het ons nuwe liedjies begin leer, en vanaand dans en sing hulle al lekker saam. Ons het hulle gevra om te help om bewegings uit te werk en baie vinnig is daar al 'n liedjie of twee wat hulle aksies voor het.
Die kinders kry kaarte om 'n huis mee te bou en nadat almal hard werk om dit gestaan te kry, word dit sommer omgestamp.
Toe word daar koekies en versiersuiker uitgedeel om te wys as ons die "mure" stewig bou, dan tuimel die huisie nie sommer in nie. Net so het ons God se Woord nodig om 'n stewige fondament vir ons te bou.
Ons leer ook vir iets om te groei het mens grond, water en sonlig nodig. Ons as Christene het ons die kerk, Bybel en gebed nodig.
Tannie Heleen, Tommie en haar groepie baie trots op hulle lekker prentjies.
Die ouer kinders het dieselfde boodskap gehad en lees wat die Bybel se, waarvoor ons dit moet gebruik.
Daarna doen hulle 'n aktiwiteit.
Daar word afgesluit met "grond" muffins en "sonskyn" sap.
En het hulle die bome geniet?! Net mooi almal behalwe die tannies was op 'n stadium binne in 'n boom. Sertifikate word uitgegee vir deelname aan die groep, goeie bywoning, uitstekende bywoning, programme wat voltooi is en natuurlik aan die ouens wat gaan kamp het. Loer bietjie ...
Na die sertifikate word daar gekuier en gespeel en geeet. Dankie aan ons ouers wat ook die piekniek bygewoon het. Dankie dat julle die kinders so gereeld bring om die groep bywoon en dankie vir al julle betrokkenheid, ons waardeer julle!!
Die tieners hou oa 'n marshallowbraai en maak die heerlikste brandoffers.