Lyk dit nie lekker nie? Met die vorige les het die sjef belowe om vir die kinders 'n lekker nagereg te maak en vanaand is hy reg daarvoor. Hy skep vir elkeen lekker jellie in wat water voorstel en daarna word daar 'n "bootjie" (halwe peer) op die water gesit. Vir branders word daar room bygesit. En dan kom daar lekker wafer beskuitjies wat die seile van die boot maak. Laaste maar nie die minste nie, word klein jelliemannetjies bygesit om die bemanning te wees. Dit lyk sommer baie lekker en die sjef lyk tevrede. Tannie Charmaine doen bietjie hersiening. Die les vanaand gaan oor getrouheid. God wil he ons moet aan Hom getrou wees en dat ons Hom die nr1 in ons lewe maak. Hoe kan ons Hom eerste in ons lewe maak? Om getrou te wees is om te doen wat jy gese het jy gaan doen en die maats luister mooi. Amy lees die storie voor waar Jesus gevange geneem is in Matt 26:31. Solank ons in Jesus bly en Hy in ons, solank as wat ons naby Hom bly en die Heilige Gees toelaat om ons lewe te beheer, sal Hy ons help om aan God en aan mense getrou te bly. En dan geniet die klompie hulle bootjies.
No comments:
Post a Comment