Thursday, April 2, 2009

Ken jou opponent en Petrus

Ons word geseen met lekker reen/nat weer en die kinders wil net buite in die plasse gaan hardloop - g'n wonder nie want reen hier is lekker skaars. Die ouer mense het altyd gese die weer trek in mens in, maar die klomp is nie buierig nie en sing lekker saam :-). Charmaine se broerskind, klein Alyssia kom ook kuier en nadat sy die klomp wat so sing en wys uitgekyk het, neem sy deel. Wys jou net, mens is nooit te jonk om groep toe te kom nie, sy's nog nie eers twee jaartjies nie. Moet nie vra wat hulle hier doen nie, maar dit lyk asof Wayne die beweging bemeester het.Ons kleintjies hoor vanaand van die Betroubare Koning en hoe belangrik dit is om God in alle omstandighede te vertrou. Ons luister na die storie van Petrus wat ook op die water wou loop maar toe hy ophou glo/vertrou sak hy in die water. Hier word die storm waters ingekleur. Dan maak ons Petrusse wat ons deur 'n gleufie in die "water" druk sodat ons kan sien hoe hy loop en onder die water sak. Nicholas toets sy Petrus. Kyk net hoe mooi is die prentjies. - Petrus het nie op Jesus vertrou toe hy die sterk wind en die groot golwe gesien het nie. Hy het begin sink! Spreuke 3:5 "Vertrou volkom op die Here" Ons groter kinders doen Ken jou opponent en ons begin met 'n speletjie waar die rotvanger die ander se sterte moet vang. Tannie Charmaine gee vir al die kinders sterte en verduidelik die reels. Nie een van die reels nie - uitgevang deur die kamera :-). Die Bybel waarsku ons teen 'n opponent wat wil keer dat ons 'n oorwinning in die geestelike wedloop behaal en probeer verskillende maniere om ons te laat struikel en val voordat ons ons wedloop voltooi. 1 Petrus 5:8a "Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom tee.."

No comments: