En terwyl ons groot kinders kamp is daar nie van die kleintjies vergeet nie en hulle hou piekniek en speel speletjies. Elke maatjie kry sy eie piekniekmandjie en kyk net die gesiggies. Hier is CJ met sy mandjie en julle sal sien elkeen se naam is op sy mandjie borduur. Dankie tannie Lorinda vir al die moeite met die maak en pak van die mandjies, selfs vir die maatjies wat nie opgedaag het nie. En hulle is baie nuuskierig om te sien wat is alles binne-in. En dit word onmiddelik bespreek en geproe. Ek is seker julle wil net so graag sien wat in die mandjies was .... loer net hier. Tannie Sunet met die maats en hulle mandjies .... en die ander mandjies wie se eienaars nie daar was nie. Nadat hulle klaar geeet het is dit tyd vir speel. Hier vat Liam en CJ 'n ruskansie om hulle suigstokkie te eet. Nicholas en Nika rus ook bietjie. Dankie tannies vir die lekker piekniek.
No comments:
Post a Comment