Thursday, March 26, 2009

Ons groet die kamp van 2009 - deel 6

Ons kom vir oulaas bymekaar vir die laaste lessie wat hande oor die Swaard van die Gees.

Romanus wat homself teen hierdie tyd heeltemal inleef in sy rol vertel hoe soldate goed opgelei moet wees en baie moet oefen vir oorlogvoering. Tannie Charmaine vertel dat die swaard van die Gees God se woord is en dat ons die Bybel gereeld moet lees en dit ken om te kan gebruik teen Satan se aanvalle in gevegte.

'n Paar van ons maats oefen dan ook gedurende die kamp aan 10 versies sodat hulle kan deelneem aan die swaard-duel op die einde. Hier help tannie Lirene vir 'n paar van die kleintjies. In die groepkompetisie het ons vanjaar twee spanne wat gelyk eerste eindig en hulle groepleiers ontvang die trofee. In die junior afdeling word die Swaard-duel vir die meeste versies ken gewen deur Bianca Prinsloo en sy wen een van die mooi trofee wat oom Greg gemaak het. Dit het 'n pragtige swaard op. En die senior wat die meeste versies ken en onthou is Monya Botes. Baie geluk julle twee!! Oom Kobus wat in beheer van die kombuis was, ontvang die Skild Trofee vir die heerlike kos!!




Vir oulaas sing ons 'n liedjie saam voordat ons afsluit. Natuurlik moet daar 'n groepfoto geneem word. Daar is egter 'n paar mense wat op ander plekke op die terrein besig is wat nie in die foto is nie. Dankie Vader vir 'n wonderlike, geseende 2009 kamp met wonderlike spesiale kinders en leiers! Die Abu Dhabi bus gereed om te vertrek en die gesiggies vertel alles.




Veilig en moeg terug by die huis en nou gaan die ouers se ore darem sing met al die stories.




Romanus wag saam met 'n paar kinders om opgelaai te word. Vir die van julle wat wonder wat het hy op die kamp gedoen en vir die van julle wat weet en die resultate wil sien, kom loer oor 'n paar dae weer.

No comments: