Dis slaaptyd op die laaste aand van die kamp maar ek het lanklaas 'n dak regtig sien lig soos ons kinders sing en "spesiale" vergunning vir langer sing en kuier word gegee. Ons kleintjies sing nog vir oulaas I'm a V-I-P to G-O-D voordat hulle gaan warm sjokolade drink en slaap (ons hoop). Ons het nou selfs 'n groepie seuns wat voordans met die sang terwyl ons Jabulani sing. En tannies Rensia en Charmaine is ook nog nie vaak nie. Maar alhoewel die sang en kuier in die laataand ure lekker was, is daar geen uitsondering met die opstaantyd nie en hier word daar ernstig gesukkel op ons laaste oggend. Neem kennis dit is reeds 07:30 en James gaan loer wat gaan in die tente aan. Moet ek opstaan? Die manne wat die vorige aand nog vol energie was. Nie eers die son wat al hoog sit kry die ou uit die bed uit nie. (Geen idee hoekom die bed buite die tent staan nie) More Ruan .......jy mag maar opstaan. Die jongeres wat nie so laat gekuier het nie, is egter al op en sit en wag vir die fluitjie.
In die meisies se kamers gaan dit ook nie soveel beter nie. Die oudstes sukkel maar om te dag aan te durf.
Hierdie drie bestudeer die program om te kyk hoe lank voor ontbyt.
Dan word daar so stadig in die gange afgekom vir ons ontbyt. Ontbyt is amper die laaste kuiertydjie saam met nuwe maats en dit word goed uitgerek.
Dit moet 'n goeie grap wees Jean!
No comments:
Post a Comment