Tuesday, March 24, 2009

Kamp en die aand van die konsert - deel 4

By elke geleentheid wou die kinders sing en hoe later die kamp hoe meer was die versoeke. Hier's van die jonges ernstig besig om saam te sing. Tannie Rensia doen die laaste lessie van die dag en dit gaan oor die helm van verlossing. Ons luister hoe ons kinders die helm van verlossing moet dra en ons gedagtes onder die beheer van die Heilige Gees moet plaas. Ons kok en oom Denis besig met die aandete en ons kry braaivleis! Tydens ons aandprogram kom wys die snr tieners vir ons hoe dit gedoen moet word. Kyk net hoe geniet hulle dit!! En ons lig die saal se dak met "Ons God is 'n Wonder God!". Ons seremonie-meester Oom Greg verduidelik hoe die items gaan werk en wanneer die spanne moet gereed maak vir hulle item. Hierdie groep het die helms gemaak en hulle item gaan oor lelike en goeie gedagtes. Die groep het skilde gemaak en hulle groepleier verduidelik hoe en waarvoor dit gebruik word. Dan wys hulle vir ons hoe die Romeinse soldate 'n "skilpad" gevorm het met hulle skilde en so beskerm was. Hulle werk lekker as 'n groep saam. Etenstyd en dis alweer Amori wat ek by die kos kan afneem :-). Hier besig om lekker slaai vir saam met die braaivleis te skep. Hierdie ou kon nie wag tot by die tafel nie en begin sommer so in die loop aan die sosaties eet. Nog van die groot tieners wat so hard gesing het, staan en wag vir hulle kos. 'n Algehele stilte daal oor die kamp .... almal verkeer "vreetsaam". Ons sluit die aand af met die ander twee spanne wat items lewer, hierdie klomp oor baniere. Dan verduidelik ons laaste groepleier wat hulle item is, en dit handel oor die swaard. Amptelik is die aand en dag verby, maar julle moet more oa kom kyk wat maak die tienerseuns hierna.

No comments: