Die einde van ons jaar breek aan en soos verlede jaar, op versoek van die kinders, hou ons weer piekniek in die parkie. Vir die wat nie weet nie, huise het nie regtig tuine nie vanwee die hitte en spasie, so 'n parkie met bome is net die ding!
En het hulle die bome geniet?! Net mooi almal behalwe die tannies was op 'n stadium binne in 'n boom. Sertifikate word uitgegee vir deelname aan die groep, goeie bywoning, uitstekende bywoning, programme wat voltooi is en natuurlik aan die ouens wat gaan kamp het. Loer bietjie ...
Klein TJ wat al "kleintjie" is en so gereeld bygewoon het al bly hulle ver weg ontvang sy uitstekede bywoning sertifikaat en die voltooiing van die vrugtefees program.
Dominique ontvang een van haar drie sertifikate.
Mariette het ook drie ontvang.
Christiaan het nie die kamp bygewoon nie, maar hy kry nog steeds 2 sertifikate.
Liam kry ook drie.
Ami het ook nie gekamp nie en ontvang twee. Sy het 'n uitstekende bywoning. (Haar sussie Megan se foto het nie reg uitgekom nie, maar sy ontvang ook twee met 'n uitstekende bywoning)
Daleen 'n uitstekende bywoning en vrugtefees --- sy het vanjaar nie kon kamp weens 'n sportnaweek nie.
Clark kry ook twee sertifikate.
Hendrie met een van sy drie sertifikate.
En so ook Claudia!
Hierdie drie dogters, Daleen, Ami en Megan het al 9 die versies van ons Vrugtefees geken aan die einde en hulle kry 'n spesiale geskenk.
Ons se ook dankie aan tannies Charmaine en Helene vir al die harde werk, voorbereiding, aanbiedings en liefde gedurende hierdie jaar!
Na die sertifikate word daar gekuier en gespeel en geeet. Dankie aan ons ouers wat ook die piekniek bygewoon het. Dankie dat julle die kinders so gereeld bring om die groep bywoon en dankie vir al julle betrokkenheid, ons waardeer julle!!
Die tieners hou oa 'n marshallowbraai en maak die heerlikste brandoffers.
En het hulle die bome geniet?! Net mooi almal behalwe die tannies was op 'n stadium binne in 'n boom. Sertifikate word uitgegee vir deelname aan die groep, goeie bywoning, uitstekende bywoning, programme wat voltooi is en natuurlik aan die ouens wat gaan kamp het. Loer bietjie ...
Na die sertifikate word daar gekuier en gespeel en geeet. Dankie aan ons ouers wat ook die piekniek bygewoon het. Dankie dat julle die kinders so gereeld bring om die groep bywoon en dankie vir al julle betrokkenheid, ons waardeer julle!!
Die tieners hou oa 'n marshallowbraai en maak die heerlikste brandoffers.Aan almal wat by ons Maandagaand betrokke was, hetsy deur kinders op- of aflaai, hulp, ondersteuning, selfs die lees van die blog en gebede, baie dankie. Ons Vader het werklik die jaar vir ons almal geseen!
Min kinders vanaand (die tieners het 'n ander aktiwiteit) want party is siek, maar nietemin geniet die ander die saamsing. 
Almal neem deel en sing lekker saam. Ek wonder wat het Rikus en Nelmari vir mekaar te se hier.
Dis ons laaste les van ons boekie "'n Vrugtefees saam met die Heilige Gees" van KidsXpress wat handel oor Nederigheid en Selfbeheersing. Charmaine vertel vir die kinders dat ons wys dat die Heilige Gees in ons woon deur nederig te wees en selfbeheersing toe te pas. Sjef JT is vanaand ongelukkig nie hier nie en die kinders vra nogal na hom.
Ons luister ook na 'n storie van 'n slaaf wat op 'n veiling verkoop is. Ons kry kans om versies te leer sodat ons kan kyk watter groepie ken die meeste en hier is almal hard aan die leer.
Dan is dit kompetisie tyd en ons is beindruk met hoe goed almal die versies van die boekie ken.
Vir eetgoed is dit vrugteslaai en vla vanaand. Ai tog, die selfbeheersing :-). As deel van die les oor nederigheid kry ons ook geleentheid om mekaar se voete te wys soos Jesus vir Sy vriende in Johannes 13 gewys het om die vrug van nederigheid uit te leef.