Mooi klompie van ons kinder is altyd reg vir sing en lofprysing. Ek's sonder my kamera vanaand, en al die foto's is ongelukkig nie so duidelik nie. Hier is die groepie van vanaand - Devon en Lizel kruip in die gange weg :-). Die sjef luister vanaand na Heleen wat glad nie 'n maklike dag gehad het nie. Die tert wat sy vir die groep wou bak en geflop en met haar verduideliking sien/hoor ons, dat sy nie presies volgens die resep gewerk het nie. Hy vat die regte bestanddele en verdwyn na die kombuis, om te kyk of die koek sal werk as hy dit korrek volgens die resep maak. Ons luister vanaand na Johannes 15 waar Jesus vertel van die wingerdstok en hoor wat Jesus se instruksies is wat ons moet volg om vrugte te dra. Jesus vergelyk Homself met 'n wingerdstok en ons met lote. Kan daar druiwe groei as die lote eenkant le? Of as die lote nie kos en water kry nie? Nee .... hulle gaan dood. As ons in Jesus bly en Hy in ons, is ons kinders van God. Dan moet ons aan Hom gehoorsaam wees en slegs dan sal ons vrugte dra, want uit ons eie kan ons dit nie regkry nie. Ons vrugte van die gees vanaand is vriendelikheid en goedhartigheid en tannie Heleen verduidelik vir ons wat dit is. Ons maak ook vir ons vrugte (druiwe) om ons te herinner aan die vrugte van die Gees. Daarna bring die sjef die tert in wat hy volgens die regte resep gemaak het en die kinders geniet dit vreeslik baie, nie eers 'n bietjie bly oor nie. Hierdie man het weg van die stormloop van die groottes, sy stukkie vrugtetert sit en eet..
No comments:
Post a Comment