Thursday, March 12, 2009

So groei ek en hou by die reels

Ons kleintjies is vanaand min, maar daar is 'n mooi klompie groter kinders wat opdaag vir kindergroep. Daar word lekker gesien en beweeg. Die kleintjies doen hulle laaste lessie van ons boekie "Verkleurmannetjies" (deur KidsXpress) vanaand. Dmv ons hand hoor ons hoe om geestelik te groei. Ons duim wat 'n sterk vinger is se vir ons om elke dag ons Bybel te lees, ons wysvinger wys na bo om te se dat God graag met ons wil praat (bid), ons middelvinger is die langste en staan uit bo al die vingers. Dit wil jou help om te onthou dat jy nooit mag stilbly oor die wonderlike nuus van Jesus nie. Ons ringvinger is die swak vinger en onthou ons om elke dag ons sonde vir Jesus te kom vertel (bely). Die pinkie se dis nie goed om heeltyd alleen te wees as jy God se kind is nie, jy moet saam met ander kinders van Jesus wees om geestelik te groei. Die groter kinders is nog ernstig besig met hulle boekie oor ons geestelike wedloop en hoe om fiks te word daarvoor. Vanaand hoor ons hoe om by die reels te hou. Eers maak ons 'n menslike hindernis baan waar ons self die hindernis is. In enige wedloop is daar opponente en ook struikelblokke/hindernisse en ons gaan hoor hoe om dit te oorkom in ons geestelike wedloop. Ons speel 'n speletjie om bietjie te hersien oor die vorige lesse. Ons hoor van die wet van swaartekrag wat goed is - maar ons ignoreer dit partykeer en dan gebeur 'n ongeluk. Die wet van swaartekrag beskerm jou as jy dit gehoorsaam. Net soos die natuurwette het die Here ook vir ons geestelike wette gegee om te gehoorsaam. In Timoteus 2:5 se Paulus: "'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reels meeding." Ons doen 'n aktwiteit oor die wette en daar word erg gekonsentreer en gedink hoe is dit van toepassing op vandag. Jean lees vir ons die gebooie van Eksodus sodat ons kan hoor hoe die wette in die Bybel staan, en ons merk ons antwoorde van die aktiwiteit.

No comments: