'n Lekker sandstorm en net 'n paar van ons maats se ouers sien kans om dit aan te durf. Die maats sing lekker saam, lyk behoorlik of daai drie dogters 'n gumboot dans doen :-). Die kleintjies luister na 'n storie van Paulus wat na Damaskus gegaan het om Jesus se mense te gaan vang en hoe hy blind geword het. Ananias het vir hom gebid en Paulus het gehoor hoef lief Jesus vir hom is en hy het uitgegaan en kon nie stilbly nie - hy moes vir mense vertel het van wat Jesus vir hom gedoen het. Hier kleur hulle die verskillende gesigte van Paulus in die storie in. Die groter kinders begin met 'n speletjie waar hulle 'n bal met hulle voete vir mekaar moet aangee sonder dat die bal op die grond val en dis glad nie maklik nie hoor. Almal neem egter deel en die bal raak die meeste van die tyd nie die grond nie, wel 'n hand of twee. In hierdie speletjie sien ons dat selfs 'n mens se voete fiks moet wees. Ons luister na die storie waar Jesus vanaf Judea na Galilea toe oppad is en Hy vir 'n Samaritaanse vrou vra vir water. Daarna verdeel hulle in kleiner groepies en doen 'n aktiwiteit waar die leidrade in die Bybel gesoek moet word. Ons voete moet fiks wees en in Handeling 1:8 gee Jesus vir ons 'n opdrag "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot die uithoeke van die wereld." Kyk net waarheen kan ons geestelike amazing race ons neem. Waarheen moet ons voete ons neem om getuies van die goeie nuus te wees?
No comments:
Post a Comment