Showing posts with label bybels09. Show all posts
Showing posts with label bybels09. Show all posts

Friday, November 20, 2009

ECC Die Bybel

Ons is bly om tannie Heleen weer terug te he na haar kort vakansie.

Page1

Vanaand luister ons na splintenuwe musiek en die maats tel dit vinnig op en probeer bewegings daarvoor uitwerk. Dis lekker musiek van die huisaf!

Page2

Mariette en Hendrie wat nie verlede week hulle bybels gekry het, kry dit vanaand. Christian wat ons sertifikaat vir "worshipper" van die vorige studie "gewen" het, kry dit vanaand. As ek so na die foto's kyk kan ek nie glo dat die kinders so groot word nie. Net nou die dag was Mariette nog in die kleuterskool. Die tannies word al hoe korter.

Page4

Die jonger groep begin hulle lessie met "Timmie" (Tommie se neef) wat vertel hoekom mens die regte toerusting nodig het as jy aan iets wil werk of iets wil heelmaak. Vanaand hoor die maats watter "toerusting" ons nodig het om die bybel beter te kan verstaan en te gebruik.

Page3

Die bybel het ook versies wat vir ons se hoekom ons dit moet lees en bestudeer. Daarna doen hulle 'n aktiwiteite.

Thursday, November 12, 2009

Ons kry almal nuwe Bybels en leer om dit te gebruik

Vanaand is die tweede les van ons nuwe studie, hoe om die Bybel te gebruik.

Page1_0

Ons kinders sing lekker lofpryisngs liedjies voor die lessies begin.

Page2

Die groep se tannies het besluit om vir hierdie besonderse groep jongmense elkeen 'n Bybel te gee wat hulle kan "leer" gebruik saam met ons studie wat gaan oor hoe om die bybel te gebruik. Hier oorhandig tannie Charmaine van die bybels aan die kinders.

Page4

En dan is dit studietyd en ons maats. Ons lees wat die Bybel se oor hoe mens dit moet gebruik. Soos oa in 1 Tim 3:16, Ps 119:105. Ons leer van die Ou en Nuwe Testament en die verskillende dele waaruit die Bybel bestaan. Ons maak kleur plek linte van die Reddingsboodskap sodat ons dit maklik in die Bybel kan kry.

Page3

Ons leer om die woord LEARN te gebruik: L - listen, E - explore, A - ask questions, R - read, N - notes


41

Die tieners besig met hulle studie en naslaan in die Bybel.