Sunday, March 23, 2008

ECC - Ouerbrief 24 Maart 2008

Na 'n kort breuk het ons hierdie week weer groep. Daar sal weer 'n breuk wees vir die ouens wat eksamen skryf en skole wat vakansie het, meer daaroor Maandagaand. Maar moreaand is daar groep en ons sal graag al ons maats daar wil sien.


Kleuters


Hierdie week doen ons kleintjies die storie van Dawid en Goliat. Kom luister bietjie hoe vertel tannie Corine die storie.


6 - 12 jariges


Ons gaan twee lessies kombineer vanaand om te probeer opmaak vir die les wat ons verlede week op uitgemis het. So Maandagaand doen ons Secret Scrolls en The Message en hoor waaroor gaan die Bybel.


Die versies wat julle moet leer, een of altwee in Engels of Afrikaans is Johannes 1:14 en Matt 24:35. (Sien die versies in die regterkant) Bring ook julle Bybels saam!


Tieners


Julle het groep en ons doen vanaand Les 8 - Pick friends who will stand up for what is right. Hoop om jule almal daar te sien.

No comments: