Tuesday, March 25, 2008

ECC - Ons hoor waaroor gaan die Bybel

Min kinders vanaand, maar die groep gaan aan.

Ons sing "Toe tel Dawid" want die kleintjies se lessie gaan oor Dawid en Goliat en Emma sing lekker saamDie tieners aan die sing. Hulle hou tog nie daarvan dat ek foto's neem nie, maar ongelukkig vir hulle vanaand het die ander met die son/lig agter hulle gestaan en het die foto's nie duidelik uitgekom nie.
Tannie Ruanda help vanaand met die kleuters ....baie dankie Ruanda ons waardeer! Hulle doen die storie van Dawid en Goliat en hier wys hulle hoe Goliat plat geslaan is. Hulle het ook die Dawid liedjie van die vyf klippies vir my gesing, maar te vinnig beweeg vir die kamera.

Emma maak 'n Goliat met verf en spons.
Tannie Heleen vertel van die ou rolle waarop die Bybel oorspronklik geskryf is en Liam luister.
Megan met haar "Bybelrol" wat sy gemaak het. Die groep het ook oulike prentjies gemaak van Jesus wat opvaar op die wolke en ek het ongelukkig uitgemis met die foto's
Hierdie groepie het gekyk hoe alles in fases gebeur en verander soos bv die skoenlapper, paddavissie na padda en selfs druiwe en rosyntjies .... maar God se Woord die Bybel is na al die jare steeds dieselfde. Hulle het ook na voorbeelde van verskillende Bybels gekyk om te sien dat die Woord dieselfde bly.
Ami hard aan die werk. Die rosyntjies demonstreer ook die boodskap. Daarna maak hulle 'n "Gospel Bracelet" met verskillende kleure wat elkeen iets beteken. Weer het ek geslaap en nie foto's betyds kon neem nie.
Die tieners praat hoe mens moet opstaan vir dit waarin jy glo. Vir demonstrasie - 'n eier wat regop is, kan 'n sekere hoeveelheid gewig vat, maar as jy dit op sy sy laat le sal dit breek. Mens is sterker as jy opstaan vir jou "regte" en as mens meer as een is wat saamstaan (goeie vriende met dieselfde beginsels) dan is jy ook sterker.

No comments: