Friday, March 28, 2008

Ons leer om God se Woord met ander te deel

Met die skoolbreuk by die meeste skole, het ons nog steeds 'n groepie kinders by die groep gehad.
Hier is van die kinders besig om saam met die musiek te sing. Klein Saskia was baie opgewonde en kon nie wag vir ons om te begin sing nie.
Hulle het na Dawid en Goliat se storietjie geluister. Dis nog lekker lou-warm buite en hulle het die kans gebruik om buite te sit.
Die klomp werk ywerig aan hulle aktiwiteit nadat tannie Charmaine vertel het hoe ons God se Woord met ander kan deel.
Vir verversings kry ons sjokolade wat ons met ander moet deel. Hier deel Monique met Zanelle.
Marnus en Marcelle deel ook, maar maak baie seker dat die een nie meer as die ander een kry nie.

No comments: