Monday, May 19, 2008

ECC - Ouerbrief 19 Mei

Ons laaste lessie van die skooljaar .... mens kan amper nie glo dat die tyd so vinnig verbygevlieg het nie. Volgende week se ons totsiens vir drie maande. Die inligting vir vanaand se groep is as volg:


Kleuters


Ons hoor Emma is vanaand terug van haar vakansie en ek is seker TJ gaan baie bly wees om haar te sien. Tannie Corine het 'n spesiale laaste lessie en aktiwiteit vir julle.


6 - 12 jariges


Die laaste lessie gaan oor "Celebration" How can we share the Bible with others? en ons versie om te leer Rev 7:9 (In Engels of Afrikaans). Bring julle Bybels saam en kom kyk wat die tannies vanaand vir julle wil vertel en laat doen.


Tieners


Ons het ook aan die einde van die Daniel studie gekom en vanaand se les 13 gaan oor Point to God by telling others how He has changed your life. Ek hoop dat almal vanaand gaan bywoon, ons het 'n spesiale afsluiting vir die studie.

Algemeen

Volgende week is ons afsluiting en ons beplan iets prets vir die kinders en ouers. Dagboek bietjie Maandagaand tussen 18:30 en 20:00! Hier teen Woensdag sal ons die inligting begin deurgee sodat julle vroegtydig kan beplan. Sien julle almal vanaand!!

No comments: